Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Dis wat jy nóú moet studeer om werk te kry

Om deesdae ’n ingeligte en korrekte beroepskeuse te maak, is aansienlik moeiliker as ooit tevore – maar hier is vyf studierigtings wat vir jou geleenthede in Suid-Afrika kan skep.

’n Navorsingsverslag deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het onder meer bevind dat studente wat in veeartsenykunde studeer het, al ’n werkaanbieding gekry het nog voordat hulle hul studies voltooi het.Foto: Bloomberg

’n Onlangse navorsingsverslag deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het ’n paar interessante bevindings oor die huidige beroepswêreld gemaak.

Die navorsing, waaraan ongeveer 300 jong werkendes wat tussen 2015 en 2018 afgestudeer het, deelgeneem het, toon byvoorbeeld dat jong werkendes in die inligtings- en kommunikasietegnologie (ITK)-bedryf se salaris die vinnigste groei.

Daar is ook bevind dat al hoe meer studente in Beroeps- en Ambagsopleiding kwalifiseer, en dat studente met ’n B.Com-graad (finansiële en bestuursrekeningkunde) die maklikste werk kry.

Die navorsing het faktore in ag geneem soos beginsalaris, hoe lank dit kandidate geneem het om werk te kry nadat ’n kwalifikasie verwerf is, en die skaal waarteen kandidate se salaris in die afgelope 30 maande gegroei het.

Die vyf topstudierigtings is:

  

1. Informatika

  

Die 3% van studente wat informatika bestudeer het, is die gemaklikste in hul werkplek en hul salaris het ook die vinnigste gegroei. Daar is ’n gemiddelde groeikoers van 95% oor die afgelope 30 maande van hul beroepslewe. Hierdie kandidate het binne gemiddeld twee maande ná afstudering werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R8 333 per maand.

  

2. Beroepsopleiding

  

Beroeps- en ambagsopleiding is deur 23% van die studente as loopbaan gekies. Studente wat deur Sol-Tech studeer het, was die uitskieters met ’n gemiddelde beginsalaris van R22 000 per maand en ’n baie hoë plasingsyfer. Studente in Beroeps- en Ambagsopleiding oor die breë spektrum het binne gemiddeld drie maande ná afstudering werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R7 653 p.m.

  

3. Finansiële en bestuursrekeningkunde

  

Sowat 14% van die kandidate het ’n kwalifikasie in finansiële en bestuursrekeningkunde behaal. Hierdie studente het gemiddeld binne drie maande ná hul kwalifikasie werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R9 044 p.m.

  

4. Gesondheidswetenskappe

  

Ongeveer 10% van die studente het in rigtings in die gesondheidswetenskappe studeer. Dit sluit rigtings soos mediese dokters, verpleegpersoneel, terapeute en laboratoriumpersoneel in. Hierdie kandidate het gemiddeld binne drie tot vier maande werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R13 125 p.m.

  

5. Veeartsenykunde

  

Hoewel net 2% van die studente hierdie studierigting gevolg het, blyk dit ’n baie goeie studierigting te wees, en bykans al die studente in hierdie studierigting het reeds ’n werkaanbieding gehad nog voordat hulle afstudeer het.

Gemiddelde beginsalaris: R19 166 p.m.

  

Ook van belang

  

Ander belangrike beroepe wat in die navorsing geïdentifiseer is, is ingenieurswese en natuur- en landbouwetenskappe. Hierdie kandidate het goeie beginsalarisse verdien, maar is nie so gemaklik in die werkplek soos die ander beroepe hierbo nie.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum, is daar ’n direkte verband tussen opleiding en verdienvermoë.

“Waar die werkloosheidskoers vir jong mense 26,7% is, daal hierdie syfer volgens ons navorsing tot slegs 7% wanneer iemand ’n tersiêre kwalifikasie verwerf het.”

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum bied reeds sedert 2008 finansiële studiehulp aan behoeftige studente en het oor die afgelope tien jaar reeds R156 miljoen bestee om 4 230 behoeftige studente se studies aan tersiêre instansies oor Suid-Afrika heen moontlik te maak.

Meer oor:  Werkloosheid  |  Universiteit  |  Beroepe  |  Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.