Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Dís wat SA grootbase nou verdien

As jy ’n uitvoerende hoof van ’n genoteerde mynbou-maatskappy is, verdien jy waarskynlik sowat R16,8 miljoen per jaar. En dit is jou gewaarborgde pakket.

beroepe, loopbane
Die meeste uitvoerende hoofde in Suid-Afrika is wit mans van gemiddeld 56 jaar oud. Foto: Unsplash

As jy ’n finansiële hoof van een van dié maatskappye is, word jy waarskynlik sowat R6,9 miljoen per jaar betaal.

Dit blyk uit die jongste PwC-verslag oor uitvoerende direkteure se vergoeding wat Dinsdagoggend in Rosebank, Johannesburg, bekend gemaak is.

Dié pakkette is beduidend hoër as die gemiddelde salaris van grootbase van alle maatskappye wat op die JSE genoteer is.

PwC gebruik die jaarverslae van al die genoteerde maatskappye op die JSE om die verslag saam te stel. Hiervolgens is grootbase se gemiddelde salaris in 2018:

  • Uitvoerende hoofde: R5,4 miljoen (2017: R5,2 miljoen);
  • Finansiële hoofde: R3,8 miljoen (2017: R3,6 miljoen); en
  • Uitvoerende direkteure: R3,3 miljoen (2017: R3,1 miljoen).

Nog ’n sektor wat sy grootbase meer as die gemiddeld betaal, is die finansiële sektor.

Hier verdien uitvoerende hoofde gemiddeld R9,6 miljoen, finansiële hoofde R5,15 miljoen en uitvoerende direkteure R5,7 miljoen.

Verhogings ver bo inflasie

Anelisa Keke, senior bestuurder by PwC en die redakteur van die verslag, sê behalwe dat die grootbase reeds ’n enorme salaris verdien, ontvang hulle ook ’n groter verhoging per jaar as die res van die werknemers.

Hul navorsing wys sommige van die grootbase het verhogings van soveel as 7,8% in 2018 gekry. Dit terwyl die gemiddelde inflasiekoers in 2018 sowat 4,6% was.

Ongelykheid

Die verhouding tussen die vergoeding wat ’n maatskappyhoof verdien en die gemiddeld van al die ander werknemers in die maatskappy, wissel van 12,77 vir kleiner firmas tot 66,91 vir topbetalende firmas. Dit beteken vir elke R1 wat al die ander werknemers in die maatskappy verdien, verdien die uitvoerende hoof tussen R12,77 en R66,91.

Die verhouding was tussen 12,7 en 64,7 in 2018, wat beteken ongelykheid is aan die styg, veral by maatskappye wat reeds topbetalers was.

Direkteure

Luidens PwC se verslag was daar op 30 April vanjaar 335 uitvoerende hoofde, 310 finansiële hoofde en 435 uitvoerende direkteure in Suid-Afrika.

Die grootbase is:

  • Gemiddeld 56 jaar oud,
  • 40% is wit en 29,5% is swart, en
  • Hulle dien gemiddeld 4,5 jaar in hul pos.

Vroue

PwC se verslag wys as jy ’n vrou is, verdien jy waarskynlik nie dieselfde groot salaris as jou manlike eweknie nie – selfs al is julle in dieselfde pos in dieselfde sektor.

Keke sê net 3,3% van die uitvoerende hoofde van genoteerde maatskappye is vroue.

Vroue vaar die slegste in die gesondheidsorgsektor. Hier verdien vroue gemiddeld 28,1% minder as hul manlike eweknieë.

Ander sektore wat mans beduidend meer as vroue betaal word, is die verbruiker- (25,1%), tegnologie- (22,9%) en finansiëledienstesektor (21,8% meer).

“Daar is nie ’n enkele sektor waar vroue meer as mans betaal word nie,” sê Keke.

Sy sê hoewel daar baie meer fokus is op wat grootbase in Suid-Afrika verdien, kan baie nog  gedoen word om die situasie van vroue te verbeter.

Meer oor:  Pwc  |  Vergoeding  |  Salarisse  |  Uitvoerende Hoof  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Salaris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.