Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Dít is wat jy as direkteur kan verdien

Dis nie meer net afgetrede bestuurslui wat as nie-uitvoerende direkteure vir Suid-Afrikaanse maatskappye sukses en rykdom kan smaak nie. Jong mense kan ook ’n sny van dié winsgewende koek kry.

Sirdar, ’n spesialisagentskap wat direkteure vir maatskappye werf, se navorsing wys groot geleenthede wink vir ’n nuwe generasie nie-uitvoerende direkteure.

JSE
’n Beeld buite die Johannesburgse aandelebeurs. Die JSE se hoofbord het tans 325 maatskappye wat daarop genoteer is, en 2 402 nie-uitvoerende direkteure is in totaal in hul direksies. Hierdie individue hou toesig oor ’n totale markwaarde van R12 950 miljard. Foto: Getty Images

Volgens Roger Hitchcock, senior vennoot by Sirdar, word die behoefte om bekwame en ingeligte nie-uitvoerende direkteure op direksies te hou, al hoe groter en dus groei die aansporings daarmee saam.

“Uiteindelik word nie-uitvoerende direkteure vergoed volgens wat hulle suksesvol kan onderhandel,” sê Hitchcock. In die huidige mark, waarin tegnologiese vaardighede en kennis van veranderende bedryfsneigings kosbaar is, veral deur jonger kandidate, is die onderhandelingsposisie van hierdie nuwe direkteure al hoe beter.

In die jongste PwC-verslag oor nie-uitvoerende direkteure in Suid-Afrika is dit duidelik dat al hoe meer sulke direkteure gebruik word in die direksies van veral genoteerde maatskappye.

Die persentasie nie-uitvoerende direkteure van die 325 maatskappye op die JSE se hoofbord het op ’n jaargrondslag in 2018 met 6,4% tot 2 402 toegeneem. Dit is ten spyte van ’n 5,25%-afname in die aantal JSE-genoteerde maatskappye in dieselfde tydperk.

Volgens PwC beloop die gemiddelde vergoeding vir nie-uitvoerende direkteure wat in JSE-genoteerde maatskappye se direksies dien, nou R904 000 per jaar.

Die boonste kwartiel van die JSE se genoteerde maatskappye het hul direkteure se vergoeding in 2018 met gemiddeld 17,8% verhoog teenoor 2017, terwyl die algehele salarisverhogings gemiddeld slegs 5,3% vir dieselfde tydperk is.

Sirdar se navorsing, wat ook nie-genoteerde maatskappye insluit, wys hoe die vergoeding volgens maatskappy-grootte verskil.

  • Omset minder as R697 miljoen: Vergoeding tussen R10 500 en R470 000.
  • Omset tussen R697 miljoen en R1,4 miljard: Vergoeding tussen R97 000 en R317 000.
  • Omset van meer as R1,4 miljard: Vergoeding tussen R92 000 en R1 miljoen.

Volgens Sirdar is daar talle maniere hoe dié vergoeding uitbetaal kan word. Dit kan in die vorm van ’n tarief per vergadering wees tot retensiegeld en selfs ’n vaste “salaris”. Sirdar stel wel voor dat direkteure onderhandel dat die meeste van hul vergoeding nie aan die prestasie van die maatskappy gekoppel word nie.

Gewoonlik vergader direkteure slegs ’n paar keer per jaar, of net kwartaalliks, maar Sirdar sê soos dié posisies belangriker en gewilder word, neem die tydsvereistes wel al hoe meer toe.

Nie-uitvoerende direkteure is nie beperk wat betref die getal direksies waarin hulle mag dien nie.

Volgens PwC se verslag is dit dus nie verrassend nie dat 14,4% van nie-uitvoerende direkteure in Suid-Afrika nou in veelvoudige direksies dien.

nie-uitvoerende direkteure

Wat is die winsgewendste sektor om in te dien as nie-uitvoerende direkteur?

  • Vir maatskappye met minder as 100 werknemers: finansiële dienste, versekering en eiendom.
  • Vir maatskappye met tussen 100 en 1 000 werknemers: groot- en kleinhandel.
  • Vir maatskappye met meer as 1 000 werknemers: vervaardiging.
Meer oor:  Jse  |  Pwc  |  Vergoeding  |  Direkteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.