Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Ekonomiese misdaad: Die vyand is binne die poorte

Ekonomiese misdrywe rig wêreldwyd teen ’n verbysterende koers skade aan. En in Suid-Afrika het dit ’n teistering geword.

Digitale innovering en tegnologie het ook nuwe geleenthede geskep vir bedrieërs en ekonomiese misdadigers en dié tipe misdade neem geweldig toe, volgens PwC se jongste wêreldwye peiling oor ekonomiese misdrywe.

Suid-Afrikaanse maatskappye rapporteer steeds die hoogste voorkoms van ekonomiese misdrywe ter wêreld (77%), gevolg deur Kenia (75%) en Frankryk (71%).

Die helfte van die top-tien-lande is in Afrika.

Volgens Trevor White, PwC-vennoot, wat die leier van die peiling in Suid-Afrika is, is maatskappye so gefokus op bedrieërs van elders dat hulle nie die bedreiging van binne raaksien nie.

Net minder as die helfte (49%) van die organisasies wat aan die peiling deelgeneem het, het in die afgelope twee jaar ekonomiese misdrywe ondervind.

“Maar wat van die ander 51%? Het hulle dit vrygespring of is hulle eenvoudig nie bewus daarvan nie?” vra White.

Ekonomiese bedreigings van buite kan wissel van klante wat ’n maatskappy probeer bedrieg tot buitestanders wat die maatskappy se rekenaarstelsel binnedring.

Tog is dit juis die gevaar wat die maatskappy se eie werknemers skep, wat dikwels oor die hoof gesien word.

Hy sê hoewel maatskappye reusebedrae bestee aan tegnologie om bedrog en ekonomiese misdrywe te voorkom, kan dié toerusting nie alles raaksien nie.

“Tegnologiese beleggings bereik sonder uitsondering ’n punt waar die opbrengs op die belegging begin daal.”

Die rede hiervoor is dat dit ten laaste ’n mens is wat besluit om ’n misdryf te pleeg of nie.

“En dis dikwels nie sommer enigeen wat die besluit neem nie, dis juis die een wat die sleutel tot die koninkryk het. So die gewone arsenaal verdedigingsmeganismes gaan nie help nie. Dis nodig om ’n meer holistiese benadering te volg.”

Hy verduidelik bedrog begin gewoonlik weens ’n aansporing of ’n rede vir die persoon om die misdryf te pleeg. Dit word gevolg deur die geleentheid om te oortree en dan die rasionalisering van die besluit wanneer die “persoon sy beplande handeling teenoor se eie gewete regverdig”.

Elk van die aandrywers van ekonomiese misdaad moet afsonderlik aangepak word, maar die korporatiewe kultuur wat geskep word en ’n begrip van die omgewing wat werknemers se gedrag beïnvloed, is noodsaaklik.

Volgens PwC se verslag gee net 34% van die maatskappye wat aan die peiling deelgeneem het aandag aan maatreëls om die aansporing vir en rasionalisering van ekonomiese misdrywe te bekamp.

Tog het 21% aangedui dat aansporing of druk om ’n misdryf te pleeg dié belangrikste faktor is wat bedrog veroorsaak.

“Dis duidelik daar is ’n blindekol want maatskappye onderbeklemtoon kulturele of etiese teenmaatreëls en dit kan een rede wees waarom interne bedrog so hardnekkig voortduur.”

Meer oor:  Pwc  |  Bedrog  |  Beroepe  |  Forensiese Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.