Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Eksodus van bestuurders: 86% wil SA verlaat
Foto: Getty Images

Die geskoolde bestuurders wat bereid is om Suid-Afrika te verlaat vir beter geleenthede, neem toe en staan nou op 86%.

Dit is luidens die nuutste verslag deur Jack Hammer, ’n maatskappy wat bestuurders werf en hul menings peil.

Die maatskappy sê die nuutste syfer is kommerwekkend. In 2016 het 47% van die bestuurders waarmee hy onderhoude gevoer het, gesê hulle sal ’n oorsese werkaanbod ernstig oorweeg. Dit het skerp gestyg tot 78% in 2017 en vanjaar tot 86%.

Suid-Afrika verloor sy beste en knapste mense, nie net sy witste nie

Die rasverdeling tussen dié bestuurders is ook eweredig. Van diegene wat bereid is om oorsee te gaan werk, is 49% swart.

“Suid-Afrika verloor sy beste en knapste mense, nie net sy witste nie,” lui die verslag. “Dit is nie net die 'Packing for Perth’-brigade wat hul internasionale opsies oorweeg nie, maar ook swart professionele persone.”

Die Jack Hammer-verslag het vanjaar op die Top-40- genoteerde maatskappye gefokus en het 373 bestuurders en 41 uitvoerende hoofde in die opname ingesluit.

Volgens die opname is die vooruitsig vir ondernemings in 2019 ook besig om te verswak.

Bestuurders wat positief voel oor aanstaande jaar se sakegeleenthede het van 62% in 2017 tot slegs 46% vanjaar gedaal.

Jack Hammer sê dit is juis in sulke tye dat maatskappye goeie leiers nodig het. Om hulle te lok gaan kreatiewe oplossings verg wat meer as net geld en bonusse behels, lui die verslag.

Meer oor:  Jack Hammer  |  Beroepe  |  Emigrasie  |  Bestuurders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.