Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Ernstige afname in etiek skaad die ekonomie

Slegs 14% van oudithoofde wat vir die staat werk, meen etiek is ’n belangrike aspek van die organisatoriese kultuur in hul werkplek, wys die jongste korporatiewe bestuursindeks van die Instituut van Interne Ouditeurs van Suid-Afrika (IIOSA).

k

Die verslag – nou in sy sewende jaar – word jaarliks bekend gemaak en bekyk aspekte soos etiek, leierskap, risiko en interne oudits in openbare sowel as private organisasies.

Hoewel daar ’n geringe toename was in die indruk onder oudithoofde dat private en openbare instellings beter sake doen as ’n jaar gelede, wek sekere syfers steeds kommer, sê die IIOSA.

Charles Nel, waarnemende hoof, meen vanjaar se syfers weerspieël die politieke en ekonomiese klimaat in die land. “Die afname in etiek kom die land duur te staan met swak ekonomiese groei, gebrekkige vertroue en ’n tekort aan leierskap wat uiteindelik ’n negatiewe invloed op kwesbare mense het.”

Volgens Nel het die indruk onder oudithoofde dat daar gesonde etiek in organisasies is, in die afgelope sewe jaar dramaties afgeneem.

Dit kan onder meer toegeskryf word aan onthullings van staatskaping, korrupsie en korporatiewe skandale.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.