Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Gaan bly hier vir ’n beter lewe, meer geld

Jong werkendes op soek na groener weivelde kan gerus ’n skuif na Switserland oorweeg.

Dié Europese land word deur die internasionale bankgroep HSBC as die beste vir buitelandse werkers gereken.

Daar is verskeie redes hiervoor:

  • Eerstens bied dit ’n beduidend beter lewensgehalte as elders ter wêreld. Skoon lug, genoeg water en lae misdaadsyfers maak dit die ideale bestemming vir jong werkendes wat dalk met ’n gesin wil begin.
  • Daarbenewens kan jy ’n skitterende salaris verwag.
Genève, Switserland, word gereken as een van die beste stede ter wêreld om in te woon en te werk. Foto: Getty Images

Wêreldburgers wat na ’n Switserse stad soos Genève of Zürich verhuis, sien kort voor lank ’n beduidende toename in hul besteebare inkomste, het HSBC bevind.

Die gemiddelde salaris vir buitelandse werkers beloop bykans $112 000 per jaar, oftewel R1,6 miljoen teen die huidige wisselkoers. Dit is heelwat meer as die internasionale gemiddelde van $76 000 (byna R1,1 miljoen).

Buitelanders wat reeds in Switserland woon en werk, beskou ook die land se ekonomiese en politieke stabiliteit as positiewe eienskappe.

HSBC het bevind dat 49% van buitelandse werkers wat aan sy peiling deelgeneem het, bekommerd is oor die ekonomiese situasie in die land waarin hulle hul bevind. Vir Switserland beloop dié syfer net 20%.

Wat van ander lande?

As Switserse sjokolade of die asemrowende Alpe nie in jou smaak val nie, kan jy altyd ’n skuif na Singapoer oorweeg.

Dié land was verlede jaar boaan HSBC se lys van mees gesogte plekke vir buitelanders om te gaan woon en werk, maar het afgeskuif tot tweede plek.

Dit word wel gereken as die beste land om met ’n gesin heen te verhuis, hoofsaaklik weens uitstekende onderrig en die wye blootstelling wat kinders hier aan verskillende kulture en tale kry.

62% van respondente wat aan HSBC se peiling deelgeneem het, meen Singapoer se onderwysstelsel is beduidend beter as dié in hul land van oorsprong.

Ander lande wat ook onder HSBC se topvyf vir 2019 val, is Kanada (derde), Spanje (vierde) en Nieu-Seeland (vyfde), waar daar reeds ’n groot getal Suid-Afrikaners woon en werk.

beste lande

Wanneer moet ek trek?

HSBC reken diegene wat voor hul 35ste verjaarsdag oorsee verhuis, staan die grootste kans om hul salaris en lewensgehalte ’n noemenswaardige hupstoot te gee.

71% van jong mense wat oorsee gaan woon en werk, leer nuwe vaardighede aan, het HSBC bevind.

Minstens 80% van jong mense het meer oorsee verdien in dieselfde beroep as wat hulle sou in hul land van oorsprong. Trouens, millenniërs wat oorsee gaan woon en werk, kan ’n toename van tot 35% in hul salarisse sien deur eenvoudig te verhuis.

As jy ouer is as 35, maar steeds jonger as 55, kan jy ’n salarisverhoging van net minder as 25% verwag. Diegene ouer as 55 kan net ’n verhoging van 9% verwag.

Maar wat van sonnige Suid-Afrika?

Uit die 33 lande wat HSBC by die studie betrek het, verskyn Suid-Afrika in posisie 30. Net Indonesië, Japan en Brasilië het ’n slegter algehele punt ontvang.

Suid-Afrika word deur buitelanders wat hier woon, geloof vir sy fantastiese klimaat, natuurskoon en kulturele diversiteit.

Maar dit word nie juis gereken op grond van politieke of ekonomiese stabiliteit of die onderwysstelsel nie.

Verskeie lande, insluitend Turkye, Thailand, China en selfs Indië word as aanlokliker vir buitelanders as Suid-Afrika beskou.

Meer oor:  Werk  |  Salarisse  |  Beroepe  |  Millenniërs  |  Loopbane  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.