Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Geen water: Moet werknemers steeds betaal word?

Selfs al maak ’n onderneming sy deure tydelik toe omdat Dag Zero aangebreek het of bloot om water te bespaar, moet werknemers steeds betaal word? Jan Truter, ’n arbeidsregkenner van Labourwise, verduidelik wat werkgewers en werknemers se regte en pligte is in ’n droogte, soos in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en dele van die Vrystaat en Noordwes beleef word.

  

Die potensiële impak van die droogte op die diensverhouding moenie onderskat word nie. Dit kan die werknemer se reg op vergoeding beïnvloed. ’n Bordjie naby die Theewaterskloofdam. Foto: Adrian de Kock

Die potensiële impak van die droogte op die diensverhouding moenie onderskat word nie.

Dit kan die werknemer se reg op vergoeding beïnvloed as dit onmoontlik raak vir werknemers om te werk, maar dit kan ook lei tot probleme met aanwesigheid indien werknemers in rye moet staan vir water.

Dié scenario’s kan druk op die diensverhouding plaas.

Moet jy werknemers betaal as hulle nie kan werk nie?

As ’n onderneming nie kan werk nie weens ’n onderbreking van die watervoorraad moet werkgewers, as ’n algemene reël, steeds werknemers wat hul dienste aanbied, betaal.

Die beginsels is soortgelyk aan dié wat in die geval van kragonderbrekings geld.

Die gewone reël is dat die werkgewer verplig is om te betaal indien werknemers hul diens aan die werkgewer beskikbaar stel. Die verpligting om te betaal, berus nie daarop of enige werk in werklikheid gedoen kan word nie.

Die werkgewer is dus verplig om te betaal, self as die werknemers se diens weens omstandighede buite die werkgewer se beheer, soos onderbrekings in die watertoevoer, nie benut kan word nie.

Uitsonderings

  • Indien die kontrak van so ’n aard is dat werknemers nie betaal word om hul tyd aan die werkgewer beskikbaar te stel nie, maar eerder vir die lewering van ’n sekere resultaat (bv. iemand wat kommissie verdien), ontstaan die werkgewer se plig om te betaal eers wanneer daardie resultaat gelewer is.
  • Net so, indien werknemers op die grondslag van “as en wanneer nodig” aangestel is (bv. sommige werknemers wat uurliks betaal word), sal die werkgewer net verplig wees om te betaal indien die werknemer reeds gevra is om te werk en die onderbreking in die watertoevoer voorkom in die tyd wat die werknemer ingestem het om te werk.

Om die gewone reël te omseil, kan ’n werkgewer ’n alternatiewe ooreenkoms met werknemers onderhandel wat die verpligtinge van albei partye ophef, of verander, tydens enige tydperk waar lewering weens omstandighede buite die beheer van albei partye onmoontlik word.

Sommige bedingingsraad-ooreenkomste bevat bepalings wat die gevolge van die onmoontlikheid van lewering hanteer. Sodanige ooreenkomste geniet voorkeur bo die gemeenregtelike posisie of enige ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemers.

Werkgewers is nie heeltemal magteloos nie. Hulle kan ’n kontraktuele reëling met hulle werknemers onderhandel ten einde die situasie versag.

Moet jy betaal as mense weens waterkrisis laat is of wegbly?

As en wanneer mense in rye moet staan om hul daaglikse toewysing van water te kry – soos met Dag Zero in Kaapstad voorsien word – sal werkgewers uitdagings met betrekking tot aanwesigheid moet trotseer, byvoorbeeld werknemers wat nie opdaag vir werk nie, laat kom of die werkplek vroeg verlaat.

In sulke gevalle sal die reël “geen werk, geen betaling” geld.

Maar sal werkgewers die reg hê om tugstappe in te stel? Die antwoord is in beginsel “ja”, maar die omstandighede kan dalk só desperaat wees dat dissiplinêre optrede ontoepaslik is.

Daar is egter ook die potensiaal dat werknemers die situasie kan uitbuit.

Noodmaatreëls

Gelukkig was onderbrekings aan die watervoorraad tot dusver nie te erg nie en die verwagte datum vir Dag Zero in Kaapstad is tot 4 Junie uitgestel.

Wat aanwesigheid betref, is daar verskeie maatreëls wat werkgewers kan instel. Praktiese voorbeelde sluit in:

  • Werkgewers kan met werknemers praat om vas te stel watter planne elkeen gemaak het om te verseker hul huishouding het genoeg water;
  • Water kan in die werkplek verskaf word;
  • Werkure kan aangepas word; en
  • Nuwe maatreëls oor hoe in spesifieke noodtoestande gekommunikeer moet word, moet opgestel word.

Ons staan voor ’n ongeëwenaarde krisis en die gevolge is nie heeltemal duidelik nie. Werkgewers moet beplan en maatreëls instel om die krisis te bestuur en onnodige stremming op die diensverhouding te plaas.

  • Dié artikel is saamgestel uit twee artikels wat Labourwise (www.labourwise.co.za) verskaf het en word met vergunning gebruik.
Meer oor:  Water  |  Dag Zero  |  Arbeid  |  Arbeidsake  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.