Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Gen Z dalk geknak deur werk van die huis af

’n Nuwe era van werk het weens die Covid-19-pandemie aangebreek. Die pandemie is steeds met ons, maar wat is die volgende groot ontwrigting en is ons gereed? Volgens Microsoft se navorsing in sy heel eerste Work Trend Index is daar sewe werkneigings wat elke sakeleier moet ken.

  

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Een uit elke vyf mense het hul kollegas se troeteldiere of gesinne ontmoet danksy afstandswerk. Gallo Images/Getty Images

Microsoft sê hy ervaar dieselfde probleme met die ontwrigting van werk in dié tyd as die meeste ander ondernemings en het reeds begin werk aan ’n werkstrategie vir sy meer as 160 000 werknemers oor die wêreld heen.

Volgens die maatskappy se navorsing dink meer as 40% van die wêreldwye arbeidsmag daaraan om vanjaar hul werkgewers te verlaat.

“Daarom is ’n deurdagte benadering tot buigsame werk van kritieke belang vir werkgewers om werkers te behou en nuwe talent te lok. Om organisasies deur die oorgang te help, gee die 2021 Work Trend Index ’n uiteensetting van bevindings uit ’n studie van meer as 30 000 mense in 31 lande en ’n ontleding van miljarde seine vir produktiwiteit en arbeid in Microsoft 365 en LinkedIn.

“Dit bevat ook perspektiewe van kundiges wat al dekades lank samewerking, sosiale kapitaal en ruimtelike ontwerp by die werk bestudeer.”

Die verslag onthul sewe werkneigings wat elke sakeleier moet ken vir die nuwe era van werk:

  • Buigsame werk is hier om te bly.
  • Leiers is nie in voeling met werknemers nie en moet verander.
  • Hoë produktiwiteit versteek ’n uitgeputte arbeidsmag.
  • Generasie Z is in gevaar.
  • Krimpende netwerke maak innovasie moeiliker.
  • Menslikheid sal produktiwiteit en welstand stimuleer.
  • Talent is oral in ’n buigsamewerk-model.

  

1. Buigsame werk is hier om te bly

Werknemers wil die beste van albei wêrelde hê: Meer as 70% van die werkers wil hê dat buigsame werksopsies of afstandwerk moet voortgaan, terwyl meer as 65% meer persoonlike tyd met hul spanne verlang.

Ter voorbereiding oorweeg 66% van sakebesluitnemers om fisieke ruimtes te herontwerp om buigsame werksomgewings beter te akkommodeer. Die data is duidelik dat goeie opsies vir buigsame werk die post-pandemie-werkplek definieer.

Een uit elke vyf wêreldwye respondente sê hul werkgewer gee nie om oor hul balans tussen werk en hul private lewe nie.

“Die afgelope jaar het geen gebied vinniger getransformeer as die manier waarop ons werk nie. Die verwagtinge van werknemers verander, en ons sal produktiwiteit baie wyer moet definieer – insluitend samewerking, leer en welstand om loopbane vir elke werknemer te bevorder, insluitend voorstelinie- en kenniswerkers, sowel as nuwe gegradueerdes,” het Satya Nadella, uitvoerende hoof van Microsoft, gesê.

Selfs ná ’n jaar van afstandwerk sê 42% van werknemers dat hulle nie noodsaaklike kantoorbenodigdhede tuis het nie, en een uit elke tien het nie ’n voldoende internetverbinding om hul werk te doen nie. Ook sê meer as 46% dat hul werkgewer hulle nie help met werksuitgawes nie.

2. Leiers is nie in voeling met werknemers nie en moet verander

Baie sakeleiers vaar beter as hul werknemers. 61% van die leiers sê dat hulle op die oomblik “floreer” – 23 persentasiepunte hoër as dié sonder besluitnemingsgesag. Base rapporteer ook dat daar sterker verhoudings met kollegas (+11 persentasiepunte) en leierskap (+19 persentasiepunte) opgebou word, dat hulle ’n hoër inkomste verdien (+17 persentasiepunte) en al of meer van hul toegelate vakansiedae (+12 persentasiepunte) neem.

3. Hoë produktiwiteit versteek ’n uitgeputte arbeidsmag

Een uit elke vyf wêreldwye respondente sê hul werkgewer gee nie om oor hul balans tussen werk en hul private lewe nie.

54% voel oorwerk en 39% voel uitgeput.

Werknemers se dae is aansienlik meer digitaal intensief, met die gemiddelde aantal vergaderings en geselsies wat sedert verlede jaar geleidelik toegeneem het.

As neigings vir samewerking in Microsoft 365 tussen Februarie 2020 en Februarie 2021 vergelyk word, lyk dinge so:

  • Die tyd wat aan Microsoft Teams-vergaderings bestee is, het wêreldwyd meer as verdubbel.
  • Die gemiddelde vergadering is tien minute langer en styg van 35 tot 45 minute.
  • Die gemiddelde Teams-gebruiker klets 45% meer per week en klets 42% meer ná ure.
  • Die aantal e-posse wat in Februarie aan kommersiële en onderwyskliënte gelewer is, het met 40,6 miljard gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar.
  • Daar was ’n toename van 66% in die aantal mense wat aan dokumente werk.

    4. Gen Z is in gevaar

    Dit lyk asof Generasie Z tans oor die hoof gesien word en swaarkry. 60% van dié generasie – diegene tussen die ouderdom van 18 en 25 jaar – sê dat hulle tans net “oorleef” of heeltemal sukkel.

    “Om verhoudings vroeg in hul loopbaan te bou het soveel moeiliker geword met die skuif na afstandwerk, veral omdat hulle tydens die pandemie na ’n heel ander span oorgeskakel het. Sonder gesprekke in die werk se gange, toevallige ontmoetings en praatjies oor ’n koppie koffie is dit moeilik om selfs met jou onmiddellike span bande te skep, en nog minder om betekenisvolle verbintenisse oor die onderneming heen te bou,” het Hannah McConnaughey, produkbemarkingsbestuurder by Microsoft, gesê.

    5. Krimpende netwerke maak innovasie moeiliker

    Die pandemie-gedrewe isolasie wat mense in hul persoonlike lewe voel, gebeur ook by die werk.

    Anonieme samewerkingsneigings tussen miljarde Outlook-e-posse en Microsoft Teams-vergaderings toon ’n duidelike neiging: Die verskuiwing na afstandwerk het netwerke verklein.

    Aan die begin van die pandemie het interaksie met noue netwerke by die werk toegeneem, terwyl die interaksie met wyer netwerke afgeneem het.

    Maatskappye het stiller geraak. Hoewel interaksies met noue netwerke voortgaan, toon die neiging dat selfs dié spaninteraksies mettertyd begin afneem het.

    Gelukkig dui navorsing daarop dat buigsame werk netwerke weer sal laat herleef.

      

    6. Menslikheid sal produktiwiteit en welstand stimuleer

    Terwyl mense meer stres ondervind het weens kinders by die huis en tuisskool, werk uit sitkamers met blaffende honde wat stilgemaak moet word en nuuskierige katte wat weggestoot moet word, het werk “mensliker” geword.

    Een uit elke vyf mense het hul kollegas se troeteldiere of gesinne ontmoet.

    Een uit elke ses (17%) het in die jaar saam met ’n kollega gehuil. Die persentasie was selfs hoër vir diegene in bedrywe wat die hardste getref is, soos onderwys (20%), reis en toerisme (21%) en gesondheidsorg (23%).

      

    7. Talent is oral in ’n buigsamewerk-model

    Een van die goeie dinge van die skuif na afstandwerk is dat die talentmark vergroot is. Poste vir afstandwerk op LinkedIn het gedurende die pandemie meer as vyf keer toegeneem.

    46% van die afstandwerkers wat ondervra is, beplan om vanjaar na ’n nuwe plek te verhuis omdat hulle nou van enige plek af kan werk. Mense hoef nie meer hul lessenaar, huis of gemeenskap te verlaat om hul loopbaan uit te brei nie, en dit het ’n diepgaande impak op die talentlandskap.

    Meer oor:  Microsoft  |  Werk Van Huis Af  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Afstandswerk
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.