Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Huiswerkers en Covid-19: Wat lesers dink

Te midde van die Covid-19-uitbreking moet huiswerkers óf soos normaalweg werk toe kom, óf hulle moet betaalde verlof kry.

So meen die meeste van Netwerk24 se lesers wat deelgeneem het aan ’n kitspeiling oor die reëlings wat hulle te midde van pogings om die verspreiding van die koronavirus te beperk, met huiswerkers tref.

LEES OOK: STEM: Covid-19: Hoe gemaak met huiswerkers?

In die kitspeiling was daar geleentheid vir lesers om hieroor te debatteer.

Casper Joubert sê die primêre rede waarom hy nie wil hê sy huiswerker moet kom werk nie, is omdat sy meer as ’n uur per dag heen en weer in ’n volgepakte bus moet ry om by die werk te kom.

Huiswerkers

“Ek dink blootstelling in die openbarevervoerstelsel is ’n baie groot risiko. So, ter wille van haarself en haar kinders, voel ek sy moet met volle betaling liewers by die huis bly. Dit gaan nie net oor my en my gesin nie, maar ook oor haar en haar gesin.”

Muriel Esterhuysen het ook haar huiswerker tot verdere kennisgewing met volle vergoeding verlof gegee.

’n Leser wat die skuilnaam Skillie Bee gebruik, het ook sy/haar huiswerker aangesê om tuis te bly, maar sal net haar salaris kan betaal solank die leser self ’n inkomste verdien, waarna dit “dienooreenkomstig aangepas sal moet word”.

Ook ander lesers het die onderwerp aangeraak oor of mense dit kan bekostig om hul huiswerkers in die omstandighede te betaal.

Denise Kruger sê sy het ’n groot probleem om werkers te betaal aangesien haar sakeonderneming so te sê verlam is deur die rampmaatreëls.

“Daar is nie ’n manier dat ek ’n huiswerker kan aanhou betaal nie, selfs al werk sy. Dit is nie grappies om vir jouself te werk nie.”

Sandra van Vuuren sê sy en haar huiswerker het ’n plan gemaak sodat sy eerder vroeër werk toe kom en vroegmiddag huis toe kan gaan sodat sy nie in ’n volgepakte taxi hoef te sit nie.

“Nie sy of ek kan bekostig om nie te werk nie.”

Daar was egter heelwat lesers wat meen ’n huiswerker is ’n luukse en dat mense nie so lui moet wees om self hul huise skoon te maak nie.

Hierop het ’n ander leser gesê sy is gestremd en sal sukkel om sonder haar huiswerker oor die weg te kom.

Meer oor:  Huiswerkers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.