Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Is jy jonk? Soek jy werk? Probeer dié 3 opsies

Met ’n hemelhoë werkloosheidskoers onder die jeug en die vereiste van werkervaring wat jeugdiges dikwels pootjie om ’n pos te kry, lyk die prentjie soms droewig vir jong mense wat ’n voet in die deur van die arbeidsmark wil kry.

werk, beroepe
Moenie in sak en as sit as jy sukkel om werk te kry nie. Daar is altyd opsies. Foto: Unsplash

Maar Lulaway, ’n werwingsagentskap, sê daar is hoop. Jake Willis, uitvoerende hoof, noem drie opsies waar jong mense werkervaring kan opdoen en hul vaardighede kan verbeter onderweg na hul droompos.

   

Veiligheidswag

   

Daar is elke maand honderde poste beskikbaar in die veiligheidsbedryf en die behoefte aan dié soort dienste neem toe.

Volgens Lulaway is dié werk fisiek uitputtend met lang werkure, maar dit bied aan studente of ander werksoekers ’n uitstekende geleentheid om geld te maak en hul CV’s uit te brei.

Dit is ook ’n werk met vorderingsgeleenthede wat vaardig­hede bou wat ook in ander loopbane benut kan word.

Wat het jy nodig?

  • Basiese opleiding
  • ’n Sertifikaat en registrasie kragtens die Wet op die Private Veiligheidsbedryf (Psira) nadat opleiding voltooi is.
  • Minimum vereiste: gr. 10- tot gr. 12-kwalifikasie

Wat kan jy verdien?

  • Beginsalaris: R4 200
 
sekuriteitswag, veiligheidswag
As jy sukkel om werk te kry, kan jy altyd 'n tydelike beroep as veiligheidswag oorweeg. Foto: Unsplash
 

    Bromponie-afleweraar

       

    Te danke aan die merkwaardige uitbreiding in afleweringsdienste, was die vraag na bromponie-afleweraars nog nooit hoër as nou nie, sê Lulaway.

    Die ure is aanpasbaar, wat dit ideaal maak vir studente. Dit kan deeltyds gedoen word om ’n bestaande inkomste aan te vul, of om sakgeld te verdien, of dit kan voltyds gedoen word terwyl werkervaring opgedoen word.

    Wat het jy nodig?

    • ’n Bromponie-bestuurderslisensie. Jy kan ’n bromponie met ’n klein enjin reeds met ’n leerlinglisensie wettig bestuur.

    Wat kan jy verdien?

    • Beginsalaris: R4 500

       

    Telebemarkers

       

    Lulaway sê talle sodanige agente word elke maand gesoek en dit is ’n uitstekende manier om vinnig vaardighede onder die knie te kry wat jou later in jou loopbaan sal onderskei van ander kandidate.

    Telebemarkers werk in ’n stresvolle omgewing met moeilike teikens om te haal en min ondersteuning. Volgens Lulaway is die verkoopservaring wat hier opgedoen kan word, tesame met blootstelling aan kliëntedienste en rekenaarvaardighede, uitstekende eienskappe wat ’n CV later kan laat uitstaan.

    Lulaway meen dis die moeite werd, selfs al doen jy dit net vir ses maande, want dit sal aan toekomstige werkgewers wys jy kon onder druk hard werk en is betroubaar.

    Wat het jy nodig?

    • Dit wissel van werkgewer tot werkgewer.

    Wat kan jy verdien?

    • ’n Basiese salaris plus kommissie op verkope.

    Willis sê jong werksoekers moet onthou dis die lang termyn wat saak maak.

    “Bly op die groter prentjie fokus,” sê hy. “Intreevlakposte ontwikkel jou deursettingsvermoë en betroubaarheid en maak jou meer gereed vir werk sodat jy uiteindelik kan skitter in jou droomwerk.”

    Meer oor:  Werkloosheid  |  Beroepe  |  Aanstellings  |  Poste
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 2417,42 (6258)
    • Top 40 48865,06 (-69430)
    • All Share 54876,82 (-74598)
    • Resource 10 43434,32 (-38670)
    • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.