Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Is werk van die huis af hier om te bly?

Is dit die nuwe normaal om van die huis af te werk?

Werk van die huis af is die nuwe normaal. Foto: Unsplash

’n Nuwe peiling onder Suid-Afrikaanse maatskappye van die internasionale konsultantefirma Willis Towers Watson (WTW), het bevind hoewel werknemers op vlak 3 van die staat van inperking streng gesproke op kantoor mag wees, werk baie mense steeds van die huis af.

Byna die helfte van die respondente (47%) het gesê minstens 75% van hul arbeidsmag werk nou van die huis af, teen net 2% voor die krisis. Voor die staat van inperking het 78% van ondernemings gesê minder as 10% van hul arbeidsmag werk van die huis af.

Volgens Melanie Trollip, ’n direkteur van WTW in Suid-Afrika, gaan die tendens nie omkeer wanneer die staat van inperking beëindig word nie.

Dit was reeds voor die staat van inperking ’n groeiende tendens dat werknemers van die huis af werk, maar “Covid-19 het die tendens turboaangejaag”, het Trollip Woensdag in ’n verklaring gesê.

“Hierdie is ’n langtermynverskuiwing van werktendense wat langer as die pandemie sal voortduur aangesien dit baie voordele inhou ten opsigte van personeel-buigsaamheid, verbeterde doeltreffendheid en laer eiendomskoste.”

Sowat 72% van respondente sê hulle het geen idee hoe lank die huidige werksituasie sal voortduur nie.

Die verskuiwing na tuiswerk is egter nie vir almal positief nie.

Meer as ’n derde (35%) van respondente het gesê hul produktiwiteit het verswak. Net 18% sê produktiwiteit het verbeter, terwyl 34% geen noemenswaardige verandering in produktiwiteit ervaar het nie.

Trollip skryf swakker produktiwiteit toe aan onduidelike doelwitte, swak IT-stelsels en lae personeelbetrokkenheid.

Die peiling wys ook dat maatskappye gereeld kommunikeer met hul werknemers (94%), terwyl 91% van sosiale kanale soos Teams en WhatsApp gebruik maak vir kommunikasie. Minder van hulle luister egter na hul werknemers, met net 30% van respondente wat peilings onder hul arbeidsmag gedoen het sedert die staat van inperking begin het.

“Hulle moet na hul werknemers luister om te verstaan wat werk en wat werk nie,” sê Trollip.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Werk  |  Werk Van Huis Af  |  Werknemers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.