Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Ja, jy kán jou dood werk

Te lang werksure kan jou doodmaak, veral as jy meer as 50 uur per week werk.

Om meer as 50 uur per week te werk, kan jou dood veroorsaak. Foto: Unsplash

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf meer as 100 000 werkers per jaar omdat hulle te hard werk en die Covid-19-pandemie kan die tendens net vererger.

Reuters berig die WGO het Maandag die bevindinge van ’n eerste, wêreldwye studie oor lewensverliese wat verband hou met langer werksure bekend gemaak.

Die studie het na 194 lande se inligting gekyk en bevind 745 000 mense het in 2016 aan beroerte en hartsiektes gesterf wat met lang werksure verband hou. Dit is ’n toename van byna 30% gemeet aan 2000 se syfer.

Die studie het onder meer sterftesyfers vergelyk onder werkers wat 25 uur of langer per week werk, en dié wat tussen 35 en 40 uur per week werk. Dié wat langer as 55 uur werk se kans om ’n beroerte te kry en te sterf, is 35% groter en die kans om aan ’n hartsiekte te sterf, is 17% hoër as mense wat minder ure insit.

Die navorsing is op inligting en syfers van tussen 2000 en 2016 gegrond en bevat dus nie die Covid-19-pandemie se statistieke nie.

Nietemin waarsku die WGO se kundiges die toename in werkers wat van die huis af werk en die wêreldwye ekonomiese verlangsaming as gevolg van die pandemie, kan die risiko’s verhoog en bydra tot groter sterftes onder werkers weens langer werksure.

Dit blyk verder dit is veral ouer mans wat moet lig loop om te veel hooi op die vurk te laai.

Die gesamentlike studie, wat deur die WGO en die Internasionale Arbeidsorganisasie onderneem is, toon dat die meeste slagoffers mans (72%) in hul middeljare of ouer is. Dikwels het die sterftes baie later in hul lewe plaasgevind, soms dekades ná die lang ure en skofte wat die slagoffers ingesit het.

Die studie wys verder mense wat in Suidoos-Asië en in die westelike Stille Oseaan-streek woon – ’n gebied wat China, Suid-Korea, Japan en Australië insluit – wat die meeste geraak word.

“Om 55 uur of meer per week te werk, hou ’n ernstige gesondheidsgevaar in,” sê Maria Neira, direkteur van die WGO se departement van omgewing, klimaatsverandering en gesondheid.

“Ons wil hierdie inligting gebruik om bewustheid te skep en optrede aan te moedig wat werkers se lewe kan beskerm. Die pandemie versnel net die tendens dat mense langer ure werk.”

Die WGO se personeel, onder wie sy hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê self dat hulle gedurende die pandemie baie lang ure gewerk het.

Neira en die Verenigde Nasies onderneem nou om in die lig van hierdie bevindinge te kyk na hul eie beleid hieroor en om die saak verder te neem.

Een moontlikheid is om beperkings te plaas op die getal ure wat werknemers mag werk.

Volgens Frank Pega, tegniese amptenaar van die WGO, is so ’n stap baie aanloklik, want in studies is reeds bevind dit kan, benewens om werkers se gesondheid te verbeter, hul produktiwiteit verhoog.

“Dit is regtig ’n wyse besluit om nie langer werksure te midde van ’n ekonomiese krisis in te stel nie,” sê Pega.

Die navorsing is in die tydskrif Environment International saamgevat.

Meer oor:  Werk Van Huis Af  |  Wgo  |  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.