Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Jong mens, vakansie is jou kans om werkervaring te kry

Vir die jeug is dit ’n ewige stryd: Hoe kry ’n mens genoeg werkervaring om te kwalifiseer vir jou eerste werk wat reeds ervaring vereis?

Die antwoord is vakansiewerk terwyl jy nog ’n student is.

Nritika Singh, besturende direkteur van Isilumko Staffing & Activate.

Vir sowel matrikulante as tersiêre studente is die lang Desembervakansie die ideale tyd om noodsaaklike ervaring op te doen, sê Nritika Singh, besturende direkteur van Isilumko Staffing & Activate, ’n personeel- en werwingsagentskap.

“Om ’n paar weke of meer van jou vakansie in ’n bepaalde veld te werk, kan jou hele loopbaanpad verander,” sê Singh.

Bykans ’n derde van Suid-Afrikaanse maatskappye sukkel om poste te vul. Luidens die jongste verslag deur ManpowerGroup oor die tekort aan talent in die land, is dit hoofsaaklik weens aansoekers se tekort aan ervaring.

Singh verduidelik dat jong mense wat nog nie formeel die arbeidsmag betree het nie die voordeel het dat hulle ervaring kan opbou.

“Die kleinhandel-, pakhuis-, toerisme- en oproepsentrumbedryf, wat tradisioneel hul besigste maande het, word dikwels deur afwesigheid geraak tydens die jaareindvakansie omdat personeel siek is of verlof neem om by hul gesinne te wees,” sê sy.

Jong mense wat ervaring wil opdoen, kan dié leemte benut.

Singh stel voor dat jong mense werk soek met die hulp van werwingsagentskappe wat spesialiseer in deeltydse poste.

Werksoekers moet ’n volledige CV saamstel met besonderhede oor hul kwalifikasies, persoonlikheid, aspirasies en waar om hulle te kontak. Dokumente wat hul aansoek kan ondersteun soos sertifikate en verwysingsbriewe, moet aangeheg word.

In ’n land met sulke groot struikelblokke tot indiensneming is die opoffering van ’n paar weke van jou vakansie die moeite werd, sê Singh. “En die geld wat jy kan verdien, help ook”.

Meer oor:  Werkloosheid  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2513,49 (2872)
  • Top 40 48837 (29138)
  • All Share 54638,02 (35723)
  • Resource 10 42784,46 (-20864)
  • Financial and Industrial 30 74012,44 (75945)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.