Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Jy en jou werk: ’n Hele nuwe era

Vergeet van reëls oor hoe laat werknemers moet inkom, hoeveel ure hulle moet werk of wat hulle kantoor toe moet aantrek.

Ricardo Semler, ’n Brasilaanse entrepreneur, glo dat werknemers gemeet moet word aan resultate, nie die aantal ure wat hulle werk nie.

En moet hulle nie dwing om in ’n hoofkantoor te werk wat elke dag ure se reistyd mors nie: Hoofkantore is onnodig, dis net goed vir ego, ydelheid en valse vertoon en behoort glad nie te bestaan nie.

Dis die beleid wat Ricardo Semler se Semco Partners, ’n vervaardigingsmaatskappy in Brasilië, al sowat 40 jaar lank met groot sukses volg: 41% opbrengs op kapitaal vir 25 jaar.

Revolusionêr . . . Ja, want vir baie maatskappye is die idee van ’n demokratiese, gedesentraliseerde werkplek besonder vreemd.

Semler, uitvoerende hoof van Semco en skrywer van die topverkopers Maverick en The Seven-Day Weekend, sê uitvoerende hoofde en topbestuur klou vas aan beheer. Maar in sy maatskappy het die uitvoerende hoof tien jaar laas alleen ’n besluit oor die onderneming, strategie of werkomgewing geneem.

En hulle het al vir 20 jaar nie ’n hoofkantoor nie, net 14 kleiner werkplekke sodat werknemers na die sentrum naaste aan hulle kan gaan.

Ons sluit wel ’n kontrak met jou vir ’n resultaat, maar jy kry tyd om jou kinders skool toe te vat.
Ricardo Semler

“Ons sluit wel ’n kontrak met jou vir ’n resultaat, maar jy kry tyd om jou kinders skool toe te vat,” sê Semler. Hy het die afgelope week in Suid-Afrika byeenkomste van die Semco Style Institute South Africa in Kaapstad en Johannesburg en die jaarlikse Allan Gray-beleggingsberaad toegespreek.

Semler, wat in die 1980’s deur die Wêreld- Ekonomiese Forum as ’n visioenêre denker en leier erken is, het die maatskappyleisels in 1980 by sy pa oorgeneem.

Semco Style
Met Semler as medestigter is die eerste Semco Style Institute in 2016 in Nederland gestig. Dit bied opleidingsprogramme vir konsultante, tussentydse bestuurders en entrepreneurs wat ’n “Semco Style”-organisasie tot stand wil bring. Suid-Afrika is een van drie ander lisensievennote wat in Februarie tot stand gekom het en die programme in onder meer die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wil uitbrei.

Bemagtiging

Die Semco-styl is gegrond op die bemagtiging van die arbeidsmag en onder meer gesetel in vertroue, alternatiewe beheer, selfbestuur en kreatiewe innovering.

Daar is ’n sterk fokus op werk-leefstyl-balans, werkers word vir hul idees beloon en hulle word erken as volwassenes wat weet wat hulle doen. Hulle kan byvoorbeeld self besluit wat hulle vir hotelverblyf of ’n huurmotor behoort te betaal.

“Hoekom koop ons mense se tyd? Hoekom is dit vir ons relevant en belangrik hoe laat iemand by die werk opdaag of loop en of hy hard gewerk het? Hoekom verruil ons dit nie vir die finale produk wat ons wil hê nie?”

Behoort ons nie in staat te wees om ons tyd beter te bepaal en te reël nie?
Ricardo Semler

Semler sê ons het almal geleer om op Sondagaande e-posboodskappe te antwoord, maar niemand het aangeleer om op ’n Maandagmiddag te gaan fliek nie. “Behoort ons nie in staat te wees om ons tyd beter te bepaal en te reël nie?”

Hy pas die Semco-styl ook toe op onderrig, die bankwese en die gasvryheidsbedryf. Almal met uitstekende resultate, sê Semler.

Nog ’n probleem wat hy het met die kondisionering van mense volgens voorgeskrewe, eeue oue reëls, is dat organisasies gestruktureerde loopbaanpaaie neerlê vir werknemers om te volg, in die hoop dat die vooruitsig van vordering op die korporatiewe leer hulle sal motiveer om beter te presteer.

Meer oor:  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.