Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Jy kán nou gedwing word om jaarlikse verlof te neem

Werknemers kan ten spyte van die heersende onduidelikheid oor die tyd van inperking gedwing word om hul jaarlikse verlof te gebruik as hulle nie kan werk nie en by die huis moet sit.

Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersorganisasie van Suid-Afrika (Neasa), het Dinsdag in ’n verklaring gesê ongeag watter teenstrydighede of onduidelikhede op mediakonferensies deur ministers voorgelê word, word die wet in Suid-Afrika nie op hierdie konferensies bepaal nie.

“Die regsbronne van Suid-Afrika is die gemenereg, wetsontwerpe van die parlement, sekondêre wetgewing en regspraak,” sê Papenfus.

“Toesprake, mediaverklarings en ander uitlatings skep nie wette nie.”

Volgens wet moet jaarlikse verlof geld indien ’n ooreenkoms hieroor tussen werkgewer en werknemer bereik word, of indien die werkgewer in die afwesigheid van ’n ooreenkoms self besluit ’n werknemer moet op betaalde jaarlikse verlof gaan.

Volgens Papenfus is die staat van inperking geensins anders as ’n gedwonge sluiting van ’n onderneming vir byvoorbeeld die Desember-vakansie wanneer werknemers hul jaarlikse verlof moet neem nie.

As die bestaande wette dus nie amptelik gewysig word nie, kan werkgewers hul personeel dwing om hul eie verlof te gebruik indien die onderneming tydens die staat van inperking moet sluit.

Papenfus sê werkgewers kan selfs, as hulle sou wou, enige sluiting wat oor Desember sou geskied, nou vervang met die sluiting tydens die staat van inperking.

Werkgewers is dus heeltemal binne hul reg om werknemers te dwing om oor Desember te werk, aangesien hulle nou hul jaarlikse verlof kan neem.

Indien dit nié ’n opsie is nie, kan die Werkloosheidsversekeringsfonds ook genader word om werknemers te vergoed tydens die tydelike sluitings wat talle ondernemings nou moet toepas.

LEES OOK: WVF en Covid-19: Só kan jy eis

Meer oor:  Neasa  |  Verlof  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Werknemers  |  Arbeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.