SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Beroepe
Kan jy glo? Eskom onder droom-werkgewers

Glo dit of nie, Eskom is die plek waar studente in tegnologie en ingenieurswese die graagste wil werk.

Beroepslui in tegnologie en ingenieurswese reken Eskom is ’n goeie potensiële werkgewer.

Die nutsmaatskappy is ook die plek waar beroepslui in dié rigtings die derde graagste wil werk.

Dis onder die interessante bevindings van Universum se peilings waaruit ’n ranglys van aantreklikste werkgewers vir 2018 saamgestel is.

Dié jaarlikse peiling meet waar studente aan die een kant en beroepslui aan die ander kant in verskillende sektore die graagste sou wou werk.

Meer as 22 000 mense neem aan die peiling deel.

Die peiling wys staatsdepartemente – soos die departement van gesondheid, van hoër onderwys en van justisie – ook as voorkeur-werkgewers aan. Selfs die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, waaroor heelwat omstredenheid tans heers, haal ’n lys.

Só het beroepslui gestem:

  • In die handel is die drie maatskappye waar mense die graagste wil werk Google Suid-Afrika, SAB en Investec. Die Reserwebank en Suid-Afrikaanse Inkomstediens haal ook die lys.
  • In ingenieurswese en tegnologie is Google wéér eerste, en daarna Sasol en Eskom.
  • In natuurlike wetenskappe is die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad die eerste keuse, gevolg deur die departement van landbou, bosbou en visserye en die departement van wetenskap en tegnologie. Eskom is sewende.
  • In die kategorie vir geesteswetenskappe, kunste en opvoeding is die departement van hoër onderwys en opleiding die voorkeur-werkgewer, gevolg deur Google en die departement van internasionale betrekkinge. Media24, waarvan Netwerk24 ’n publikasie is, is vierde en die SAUK vyfde.
  • In die regte wen die departement van justisie, gevolg deur die Nasionale Vervolgingsgesag en Regshulp Suid-Afrika.
  • In gesondheidsorg troef die departement van gesondheid private werkgewers. Dan volg Mediclinic, Discovery en Netcare.
Meer oor:  Google  |  Eskom  |  Loopbane  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.