Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Kies reg(te) as jy ryk wil word
beroepe

Jou kans om onder Suid-Afrika se superrykes te val, blyk groter te wees as jy in die regte gestudeer het.

Dit blyk uit die jongste welvaartverslag wat Afr­Asia Bank tesame met sy navorsingsvennoot New World Wealth onlangs uitgereik het.

Die verslag kyk onder meer na neigings onder ryk Suid-Afrikaanse individue, soos watter beroepe en studierigtings die meeste superrykes oplewer.

Benewens die regte, het individue wat handel en rekeningkunde gestudeer het ook ’n goeie kans om baie geld te verdien. Nagraadse studie speel egter nie ’n groot rol in die hoeveelheid rande wat inrol nie.

Die verslag toon dat die meeste superryk individue (68%) ’n voorgraadse kwalifikasie het, terwyl 27% ook oor ’n nagraadse kwalifikasie beskik.

Die studie wys voorts dat die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Kaapstad die meeste superryk individue opgelewer het, met onderskeidelik 20% en 19% van graduandi.

misdaad
Die regte is ’n goeie beginpunt as jy ryk wil word. Foto: Pixabay
Meer oor:  New World Wealth  |  Regte  |  Welvaart  |  Beroepe  |  Prokureur  |  Loopbane  |  Superrykes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.