Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Kniediep in die skuld? Jou baas hou jou dalk dop

Wydverspreide korrupsie en bedrog by maatskappye is ’n geldmaakgeleentheid vir ander, soos die kredietburo Trans­Union, wat die geleentheid aangryp.

Werknemers wat kniediep in die skuld is of in finansiële nood verkeer, kom makliker in die versoeking om bedrog te pleeg. Foto: Pixabay

Keith Wardell, TransUnion se direkteur verantwoordelik vir die opsporing van bedrog, het aan Rapport gesê die meeste maatskappye is reaktief in hul opsporing van bedrog en korrupsie. Daarom het TransUnion nou ’n diens geskep wat leefstyl­oudits op voornemende en huidige werkers kan doen.

Dié diens behels meer as net ’n kredietgeskiedenis van ’n werker of groep werkers. Wardell sê TransUnion gebruik groot data, gekombineer met inligting oor die betrokke maatskappy.

“Ons stuur dan ’n opsomming aan die kliënt oor die persentasie van sy werknemers wat ’n risiko of uiters hoë risiko inhou vir korrupsie en bedrog.” Dit identifiseer onder meer hoërisiko-werknemers, soos diegene wat kniediep in die skuld is of in finansiële nood verkeer.

Luidens ’n peiling wat PwC in 2018 gedoen het, het soveel as 77% van organisasies in die land die een of ander vorm van bedrog en korrupsie ondervind. Dit is 28% hoër as die wêreldgemiddelde van 49% en verteenwoordig ’n toename van 8% sedert 2016.

Uit die peiling blyk dit voorts dat bykans 20% van organisasies in Suid-Afrika tot tien keer meer bestee aan die koste van korrupsieondersoeke as die geld wat hulle in die eerste plek verloor het as gevolg van die bedrog. Voortydige opsporing sal dus reusebesparings meebring.

Wardell sê TransUnion is reeds gekontrakteer om leefstyloudits namens een openbare onderneming te doen en hulle brei hul dienste ook uit na ander maatskappye.

As ’n kredietburo is TransUnion onderhewig aan die Nasionale Kredietwet, wat bepaal dat hy by magte is om enige inligting beskikbaar te stel wat in die belang van die voorkoming en opsporing van bedrog is sonder die goedkeuring van die kliënt. Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi), wat maatskappye noop om individue se persoonlike inligting te beskerm, lê dus nie TransUnion se beskikbaarstelling van inligting aan bande nie.

Die onus berus egter op die maatskappy wat die leefstyloudit doen om in die kontrak van ’n nuwe werknemer te spesifiseer dat hy by magte is om die individu se persoonlike inligting te deel met ’n derde party, soos byvoorbeeld ’n kredietburo, sê Wardell.

“Die meeste maatskappye het sulke bepalings en voorwaardes omdat dit ’n enorme uitwerking op sakebedrywighede kan hê.”

Meer oor:  Transunion  |  Kredietburo  |  Nasionale Kredietwet  |  Persoonlike Inligting  |  Bedrog  |  Skuld  |  Leefstyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.