Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
KYK: Net helfte van werkplekke is Covid-19-veilig
’n Werknemer by Ford se aanleg in Silverton, Pretoria, besig om gesigskerms te maak.

Net sowat die helfte van alle werkplekke in Suid-Afrika voldoen aan die nodige veiligheidsmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Luidens syfers wat die departement van arbeid Dinsdag bekend gemaak het, voldoen net 58% van werkplekke in die private sektor en ’n skrale 45% van werkplekke in die openbare sektor aan die vereistes soos deur die departement van gesondheid daargestel is.

Die departement doen sedert 27 Maart inspeksies by werkplekke in die private sowel as die openbare sektor. Tot dusver is 4 433 inspeksies in die private sektor uitgevoer. Hiervan is 385 werksplekke gesluit weens ’n groot gebrek aan voldoening. ’n Verdere 1 445 het nie aan alle maatreëls voldoen nie.

Die departement sê uit die 1 138 inspeksies wat in die openbare sektor uitgevoer is, het net 516 werkplekke aan alle vereistes voldoen.

Dit bring die totale aantal inspeksies wat landwyd gedoen is op 5 571. Daar is gevind dat 3 070 werkplekke aan al die maatreëls voldoen en 2 500 nie.

Aggy Moiloa, inspekteur-generaal van die departement, sê dit is kommerwekkend dat daar soveel werkplekke is wat nog nie aan die maatreëls voldoen nie.

covid-19
covid-19

Vergoedingsfonds

Die jongste syfers wat die departement bekend gemaak het oor die getal eise wat die staat se Vergoedingsfonds (VF) ontvang het, wys dat al hoe meer mense die virus by die werkplek opgedoen het.

Die VF moet die eise van mediese diensverskaffers uitbetaal vir die behandeling van werknemers wat aan diens beseer is of siek geword het.

LEES OOK: Koronavirus weens werk opgedoen? Dís hoe jy eis

Die fonds het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy het reeds 3 547 eise vir Covid-19 ontvang. Hiervan het hy 2 137 direk ontvang, 1 336 via Rand Mutual en 74 via Federated Employees, twee firmas wat eise namens werkgewers behartig.

Eise per provinsie soos wat by die VF ingedien is, is soos volg:

  • Wes-Kaap: 1 603
  • Gauteng: 1 056
  • Oos-Kaap: 457
  • KwaZulu-Natal: 225
  • Noordwes: 66
  • Mpumalanga: 45
  • Limpopo: 24
  • Vrystaat: 23
  • Noord-Kaap: 10
  • Onbekend: 38

Die VF sê van al die eise wat hy direk ontvang het, is aanspreeklikheid vir 65,4% aanvaar, 9,8% is afgekeur en oor 24,8% moet daar nog beslis word.

Wat die Covid-19-pandemie betref, betaal die fonds vir die volgende:

  • Tydelike ongeskiktheid terwyl die werker in kwarantyn of selfisolasie is of gehospitaliseer is;
  • Mediese onkoste; en
  • ’n Maandelikse pensioen- en begrafnisvoordeel aan die afhanklikes van mense wat aan die virus sterf.
Meer oor:  Vergoedingsfonds  |  Koronavirus  |  Beroepe  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.