Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
KZN is nou die plek om werk te soek
As jy ’n vaardigheid het om werk in die sektor vir vervoer, berging en kommunikasie te verrig, het jy die beste kanse op ’n werkgeleentheid. Foto: Unsplash

Dit lyk of werksoekers se kans om in die komende maande werk te kry, beter in KwaZulu-Natal is as in die res van die land.

Werkgewers in dié provinsie het die sterkste aanduiding gegee dat hulle meer mense in diens wil neem, volgens die jongste Manpower-opname van indiensnemingsvooruitsigte wat vandeesweek uitgereik is. (Sien ook grafika heelonder.)

Dié opname word elke kwartaal in 44 lande gedoen en meet werkgewers se voorneme om óf meer werkers aan te stel óf hul arbeidsmag te verklein. Sodoende word ’n netto vooruitsig van indiensneming verkry.

Suid-Afrika se netto vooruitsig vir die derde kwartaal vanjaar is +6%. Dit is twee persentasiepunte laer as die vorige kwartaal, maar darem ook twee persentasiepunte beter as die vooruitsigte vir dieselfde kwartaal ’n jaar gelede.

As jy ’n vaardigheid het om werk in die sektor vir vervoer, berging en kommunikasie te verrig, het jy die beste kanse op ’n werkgeleentheid, terwyl die konstruksiesektor se werkvooruitsigte die swakste lyk.

Waarom dié sektore?

Die verwagte groei in indiensneming in die sektor vir vervoer, berging en kommunikasie kan aan ’n aantal faktore toegeskryf word, onder meer ’n verhoogde beleggersfokus op Suid-Afrika se kommunikasie- en vervoerinfrastruktuur, sê Van den Barselaar.

“Suid-Afrika se bedryfstelsels moet verbeter as die land tred wil hou met die verwagte groei in veral e-handel en ander aanlyn bedrywighede.”

Navorsing toon Suid-Afrikaanse e-handel sal teen 2021 tot 24,7 miljoen klante lok.

Die fokus op die modernisering van die land se passasierspoornetwerk kan dalk ook op medium- tot langer termyn werk skep.

Goeie en slegte punte

Suid-Afrikaanse werkgewers is bemoedig deur groter sakevertroue (wat egter intussen volgens twee indekse teruggesak het van hoë vlakke in die eerste kwartaal), maar daar is steeds kommer oor beleidsonsekerheid terwyl ekonomiese groei gematig is, sê Lyndy van den Barselaar, besturende direkteur van Manpower SA.

“Dié faktore maak werkgewers versigtiger om nuwe mense in diens te neem – soos ons ook kan sien aan die statistieke dat tot 80% van die respondente wat aan die peiling deelgeneem het, geen voorneme het om hul strategie vir indiensneming in die derde kwartaal te verander nie.”

KwaZulu-Natal se indiensnemingsvooruitsigte van +11% is die hoogste in die land.

Dié provinsie beleef tans ’n groeityd danksy ’n aantal groot toerismeprojekte, sê Van den Barselaar.

Dit sluit die Durban Film City en die oprigting van ’n aantal vier- en vyfster-vakansieoorde aan die Noord- en Suidkus in.

“Projekte soos dié is gemik daarop om toerisme aan te wakker en kan werk oor ’n aantal verwante sektore ook skep,” sê sy.

“Daar is berig dat toerisme-infrastruktuurprojekte van tot R50 miljard beplan word, insluitend opknapping aan die Point-waterfront en uitbreiding aan die Inkosi Albert Luthuli-konferensiesentrum,” sê Van den Barselaar.

Vooruitsigte vir die Vrystaat lyk ook effens beter met ’n styging van 7%, terwyl meer gematigde stygings van 3% in Gauteng en 4% in die Wes-Kaap verwag word.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Werk  |  Werkloosheid  |  Werksoekers  |  Indiensneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.