Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Lief vir sjokolade? Hier’s jou droomwerk
Nutella-smeer.

Die Ferrero-maatskappy, vervaardiger van Nutella, adverteer ’n droomwerk vir die liefhebbers van hierdie sjokoladesmeer.

Die maatskappy is op soek na tot 60 nieprofessionele sjokoladeproewers om hul produkte op die proef te kom stel.

Dit sal die eerste keer wees dat Ferrero gewone mense as sogenaamde “sensoriese beoordelaars” inspan en dit volg kort op die hakke van ’n soortgelyke advertensie vroeër vanjaar deur Mondelez, vervaardiger van Cadbury’s en Oreo, vir sjokoladeproewers. Die advertensie het duisende aansoeke laat instroom.

Die 60 nuwe Nutella-proewers sal vir twee dae ’n week in die maatskappy se hoofkantoor in Alba, ’n voorstad van Piedmont in Italië, moet werk, volgens die webtuiste The Local Italy.

Hulle gaan onder meer verskillende bestanddele, insluitende kakao en haselneute moet proe en beoordeel, terwyl hulle ook die produk in sy verskillende stadia gaan proe.

Voorheen het Ferrero die proeëry aan sy interne personeel oorgelaat, maar dit lyk of die maatskappy nou kandidate van buite soek.

Die 60 uitverkorenes sal teen die einde van September ’n drie maande lange betaalde opleidingskursus in Italië ondergaan waar hulle volgens die werksadvertensie opgelei sal word om hul sin van geur en smaak te ontwikkel en om in woorde uit te druk wat hulle ruik en proe.

Hierna sal die beste 40 kandidate ’n kontrak as ’n deeltydse proewer kry.

Volgens die advertensie is geen vorige ondervinding nodig nie, buiten dat jy moet weet hoe om ’n rekenaar te gebruik. Mense wat aan voedselallergieë ly, hoef egter nie aansoek te doen nie.

Meer oor:  Sjokolade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.