Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Minimum loon ’n klein begin, sê Oliphant
Mildred Oliphant, minister van arbeid. Foto: Alet Pretorius

Die werk om die lot van die armstes van die armes te verander, begin met die goedkeuring van die arbeidswetgewing wat ’n nasionale minimum loon moontlik sal maak, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, Dinsdag gesê.

Sy het in die tweede debat oor die wysigingswetsontwerpe op die Wette op Arbeidsverhoudinge en Basiese Diensvoorwaardes, en oor die voorgenome wet vir ’n nasionale minimum loon gesê laasgenoemde wet sal ’n raad tot stand bring wat toesig oor die toepassing van die nasionale minimum loon sal hou.

Oliphant het toegegee dit was ’n uiters delikate balanseertoertjie om op die minimum bedrag van R20 per uur uit te kom.

Die wysigings aan die ander bestaande arbeidswette is om die nasionale minimum loon moontlik te maak.

Die wysigingswetsontwerp op die Wet op Arbeidsverhoudinge is bedoel om stakings minder gewelddadig en minder uitgerek te maak.

Oliphant meen die grootste deel van die wysigings is administratief van aard.

Sy sê die minimum loon is ’n klein begin, maar ’n belangrike een.

6,6 miljoen mense se omstandighede sal verbeter, want dit is hoeveel mense tans nog minder as R20 per uur verdien.

Sharome van Schalkwyk, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor arbeid, het gesê die minimum loon spruit uit die Vryheidsmanifes van 1955 waarin reeds daarna verwys is.

Sy het toegegee nie alle rolspelers se menings of versoeke kon in die wetswysigings neerslag vind nie.

Van Schalkwyk sê ook die R20 per uur is ’n klein begin, maar 6,6 miljoen mense se omstandighede sal verbeter, want dit is hoeveel mense tans nog minder as R20 per uur verdien.

Sy het gesê werkers moet onbillike arbeidspraktyke aanmeld, want daar sal werkgewers wees wat die inwerkingstelling van die minimum loon sal probeer omseil.

Michael Bagraim, DA-woordvoerder oor arbeid, het gewaarsku dat die wetgewing eers in 2019 goedgekeur kan word.

Meer oor:  Mildred Oliphant  |  Arbeid  |  Minimum Loon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.