Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
MRK-verslag oor regstel-aksie ‘net ’n aanbeveling’

Die Menseregtekommissie (MRK) se regsverteenwoordiger het Woensdag aangedui die kommissie se verslag wat bevind die Wet op Diensbillikheid en regstellende aksie in die algemeen is ongrondwetlik, was eintlik net ’n aanbeveling oor die aangeleentheid.

Anton van der Bijl, regshoof van Solidariteit, Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: William Horne

Solidariteit is in die arbeidshof in Johannesburg waar die vakbond probeer om die regering te dwing om regstellende aksie te wysig.

Solidariteit voer aan die inhoud van die verslag is belangriker as wat die skrywer nou meen hy eintlik daarmee bedoel het.

Die vakbond se hofaansoek is tweeledig. Eerstens bevraagteken dit die grondwetlikheid van die metode waarop die Wet op Diensbillikheid behoeftige groepe vir bemagtiging identifiseer.

Solidariteit het egter hierdie deel van sy aansoek vir eers gestaak. Sou die MRK se verslag toegepas word, sal dit nie meer nodig wees om hierdie aspek van die wet te bevraagteken nie.

Die tweede deel van Solidariteit se hofaansoek berus juis by die bevestiging en toepassing van die MRK se verslag voor regter André van Niekerk.

Adv. Garth Hulley, vir Solidariteit, voer aan dat die MRK se skielike besluit om sy verslag as ’n “aanbeveling” te beskryf, is ongegrond.

“As dit net advies was, hoef die departement van arbeid niks te doen nie.

“Maar in die verslag se eie woorde word streng, meetbare voorstelle gemaak om wetgewing te wysig om dit meer in lyn met die grondwet te bring.”

Daar word ook duidelike sperdatums aan die departement gestel waarop die wysigings moet plaasvind.

“Dis duidelik nié blote advies nie.”

Die MRK se gelykheidsverslag is reeds in Julie 2018 gepubliseer.

Daarvolgens berus die Wet op Diensbillikheid en regstellende aksie in die algemeen op ’n foutiewe benadering tot hoe behoeftige partye geïdentifiseer word.

In die verslag se eie woorde word streng, meetbare voorstelle gemaak om wetgewing te wysig om dit meer in lyn met die grondwet te bring. Dis duidelik nié blote advies nie.
Solidariteit

Die wet gebruik slegs drie dele van die Grondwet se definisies van kwesbare groepe waarteen daar nie gediskrimineer mag word nie, naamlik, ras, geslag, en gestremdheid.

Volgens die MRK se verslag maak die wet net gebruik van saamgevoegde data oor dié groepe en word daar nie voorsiening gemaak vir die identifisering van partye binne dié groepe volgens behoefte nie, maar eerder net of hulle deel is van die groter groep of nie.

Dit beteken die stelsel word deur ’n groeiende middelklas van mense in een van die drie groepe uitgebuit ten koste van ’n groot hoeveelheid mense in ander groepe wat werklik behoeftig is.

Die MRK het in sy verslag die departement van arbeid versoek om die wet te wysig deur ’n meer genuanseerde benadering aan te neem in hoe hy behoeftige groepe identifiseer.

Talle ander departemente en staatsondernemings is ook versoek om saam te werk en binne ses maande vanaf die publisering van die verslag met voorstelle te kom oor hoe om die wysigings te benader.

Dit het nie gebeur nie.

Van Niekerk twyfel egter of die MRK as hoofstuk 9-instelling ’n bestaande stuk wetgewing as ongrondwetlik kan bevind, wat nog te sê van aanbeveel dat dit gewysig moet word.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi, wat namens Thulas Nxesi, minister van arbeid, optree, sê die onlangse hofstryd van die openbare beskermer in die konstitusionele hof wys juis dat instellings soos die MRK nie die behoorlike gesag het om sulke uitsprake te maak nie.

Nxesi staan namens die departement van arbeid Solidariteit se aansoek teen.

Anton van der Bijl, regshoof van Solidariteit, het tydens die verrigtinge Woensdag aan Netwerk24 gesê die vakbond is bereid om die saak na die konstitusionele hof te neem sou die MRK se gesag in die arbeidshof ondermyn word.

Die hofsaak duur voort met Van Niekerk wat by herhaling betwis of daar enigsins gronde is om die MRK se verslag toe te pas – ongeag wat die kommissie se bedoeling daarmee was.

Meer oor:  Solidariteit  |  Kommissie  |  Regstellende Aksie  |  Mrk-Verslag  |  Indiensneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.