Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Net 1 vrou in toppos in SA
In 2017 is net 28% van senior bestuursrolle in Suid-Afrikaanse ondernemings deur vroue beklee.

Hoewel sommige organisasies stappe doen om die aantal vroue in uitvoerende poste te verhoog, is vordering steeds stadig.

Daar is net een vrou in die pos van uitvoerende hoof van een van die land se voorste 40 maatskappye – Maria Ramos van Absa, volgens die nuutste PwC-verslag oor uitvoerende direkteure se vergoeding en praktyke.

In 2017 is net 28% van senior bestuursrolle in Suid-Afrikaanse ondernemings deur vroue beklee, volgens ’n Grant Thornton-verslag oor vroue in die sakewêreld wat verlede jaar uitgereik is.

Hoewel die persentasie hoër is as in 2016, is daar in die 13 jaar sedert die peiling vir die eerste keer gedoen is nie veel verbetering op die 26% in 2004 nie.

Wat geslagsgelykheid betref, het die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se verslag wat in 2017 uitgereik is, Suid-Afrika 17de uit 136 lande geplaas. Dis ondanks ’n Grondwet wat gelyke regte waarborg.

Daar is bevind dat net 18% van die maatskappye wat op die AltX, die JSE se alternatiewe beurs, genoteer is, vroue as uitvoerende hoofde het. In die finansiëledienstesektor is 72% van die uitvoerende bestuurslui mans en net 28% is vroue.

Dan is daar ook die kwessie van gelyke betaling vir gelyke werk – die marknavorsingsmaatskappy Ipsos het in 2017 bevind dat Suid-Afrikaanse vroue gemiddeld 27% minder as hul manlike eweknieë verdien.

Die WEF-navorsing het bevind dat vroue se bydrae tot die internasionale bruto binnelandse produk (BBP) net 37% is. As daar op ekonomiese vlak gelykheid kom, kan die wêreldwye BBP met tot $5 300 miljard teen 2025 uitgebrei word.

Volgens dié navorsing is 68% van die internasionale geslagsgaping in 2017 toegemaak, wat laer is as die persentasie wat in 2015 en 2016 aangeteken is.

Die verslag bereken volgens die huidige vorderingskoers sal die geslagsgaping in die werkplek eers oor 217 jaar toegemaak word.

Tog kan gelykheid aansienlike ekonomiese voordele inhou.

“Wanneer vroue nie op ’n gelyke grondslag in die ekonomieë geïntegreer word nie, ontbeer die internasionale gemeenskap vaardighede, idees en perspektiewe wat noodsaaklik is om wêreldwye uitdagings aan te pak en nuwe geleenthede te ontgin,” sê Shirley Machaba, PwC in Afrika se leier van diversiteit en insluiting.

Maria Ramos is die enigste vrou wat die uitvoerende hoof van een van die land se voorste 40 maatskappye is.Foto: Verskaf

Sy sê die deelname van mans én vroue in die arbeidsmag is deurslaggewend vir die volhoubaarheid van ondernemings en ekonomieë.

“Maatskappye wat vrouetalent doeltreffend aanwend, is 45% meer geneig om hul markaandeel te verbeter, volgens internasionale navorsing,” sê Machaba.

Sy sê volgens PwC en ekonome se berekenings kan gelyke betaling en verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse werkplek die land se BBP ’n hupstoot van tot 3,2% gee.

Sy het ’n beroep op maatskappye gedoen om geslagsdiversiteit in die werkplek te bevorder.

“Ons het te min vroue in bestuursposte. Totdat ons die balans verander, gaan dit moeilik wees vir vroue om ’n impak op verandering te hê.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Vroue  |  Absa  |  Beroepe  |  Maria Ramos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1067,41 (3106)
  • Top 40 50659,45 (-32770)
  • All Share 56882,74 (-28151)
  • Resource 10 44620,89 (88898)
  • Financial and Industrial 30 75197,76 (-120859)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.