Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Net 8% van Suid-Afrikaners werk nog van die huis af

Nagenoeg 92% van Suid-Afrikaners met werk het in die vierde kwartaal van 2020 by hul kantoor, fabriek of amptelike werkplek gewerk.

Werk van die huis af is duidelik nie die nuwe normaal nie. Foto: Unsplash

Net 8% het nog van die huis af gewerk, al was die tweede vlaag Covid-19-infeksies skerp aan die styg vanaf middel November.

Meer beroepslui (22,2%) het nog van die huis af gewerk, en ook meer bestuurders (17,5%), terwyl net 1% van mense wat masjiene moet bedryf en 5% van mense wat in verkope en dienste werk, nog van die huis af gewerk het.

Die syfers kom uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling vir die vierde kwartaal.

Altesame 88,9% het wel betaling ontvang, effens meer as die 87,3% in die derde kwartaal.

Die opname wys ook dat die persentasie mense wie se salaris verminder is, tot 16,5% gedaal het, vanaf 18,9% in die derde kwartaal.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Werkloosheid  |  Beroepe  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.