Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Net handjievol mense in SA werk nog tuis

Net 6,9% van Suid-Afrikaners met werk het in die eerste kwartaal steeds uitsluitlik van die huis af gewerk – selfs al het die verwoestende tweede vlaag koronavirusinfeksies in dié kwartaal deur Suid-Afrika gespoel.

Net base en beroepslui kan nog só sit en werk. Foto: Unsplash

Dit verteenwoordig nagenoeg 833 000 mense.

Statistieke Suid-Afrika sê in sy kwartaallikse arbeidsmagpeiling dit verteenwoordig grootliks mense soos beroepslui en bestuurders wat die geriewe het om van die huis af te werk.

In die vierde kwartaal van 2020 was dit nog 8% en dit daal sedert die hoogtepunt van 17% in die tweede kwartaal van 2020, toe Suid-Afrika in die strengste vlak van inperking was.

Die provinsie waar die meeste mense van die huis af werk, is die Wes-Kaap op 10,9%, terwyl net 2,1% van Noord-Kapenaars van die huis af werk.

Soos verwag, is beroepslui en bestuurders die mense wat die meeste van die huis af kan werk, onderskeidelik 19,1% en 14,7%. Dis wel laer as die vierde kwartaal se 22,2% en 17,5%.

Net 1% van fabriekswerkers en 0,7% van huiswerkers is nog nie terug by hul gewone werkplek nie. Dis wel effens meer as die 0,6% en 0,5% in die vierde kwartaal, wat daarop dui dat baie mense nie hul huiswerker laat inkom het tydens die tweede vlaag nie.

Betaling

In die eerste kwartaal het 91,3% van mense met werk betaling gekry. Dis hoër as die 88,9% in die vierde kwartaal van 2020 en die 81,3% in die tweede kwartaal van 2020.

Die persentasie mense wat hul volle betaling gekry het, wissel van so laag as 83,4% onder ongeskoolde arbeiders tot 91% onder gegradueerdes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.