Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Nuwe tendens: Werk oorsee - maar van die huis af

Al ooit lus gevoel om elders te gaan werk, hoewel jy nie regtig die land wil verlaat nie?

k
As jy van die huis af kan werk, maak dit mos nie saa waar jou hoofkantoor is nie, of hoe? Foto: Pixabay

Deel, ’n maatskappy wat spesialiseer in internasionale betaalstate en voldoening, se ideaal is om ’n wêreldwye arbeidsmag te skep sodat mense enige plek kan werk terwyl hulle woon waar hulle wil.

Deel wil nou ook Suid-Afrikaanse ondernemings help om “spanne sonder grense” te bou nadat hy $156 miljoen in die VSA ingesamel het om sy wêreldwye voetspoor uit te brei, waarvan een element ’n teenwoordigheid in Afrika is.

Deel laat ondernemings toe om enigiemand op enige plek aan te stel en hulle met net een klik in meer as 120 geldeenhede te betaal.

Deel se uitvoerende hoof, Alex Bouaziz (27), ’n alumni van Massachusetts se Instituut vir Tegnologie (MIT), en die Chinese entrepreneur Shuo Wang, ook ’n MIT-alumni, het die maatskappy in 2018 gestig.

Deel was dus reeds goed op dreef toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het, en dit het hom in ’n uitstekende posisie geplaas om ondernemings te help om by die drastiese verskuiwing in werk- en huurpraktyke aan te pas.

Deel se strategie is om die betaalstaatmark wêreldwyd te verander en so vinnig moontlik te vergroot. Hy het reeds ’n voetspoor in Latyns-Amerika met basisse in drie lande en bedrywighede in 20 Suid- en Sentraal-Amerikaanse markte.

Deel kan natuurlik ook help om skaars vaardighede na Suid-Afrika te bring sonder dat werknemers fisiek hoef te verhuis.

Dis juis ’n tendens wat nou begin posvat. ’n Onlangs studie deur Boston Consulting Group het bevind 56,9% van mense wêreldwyd is bereid om vir ’n buitelandse maatskappy te werk as hulle dit vanuit hul tuisland kan doen. Onder Suid-Afrikaners is die tendens selfs hoër, op 73%.

LEES OOK: Byna 2 uit 3 van SA sal oorsee gaan werk

Deel word op $1,25 miljard gewaardeer en het tans 126 mense in 26 lande in diens.

Deel, wat in internasionale betaalstate en voldoening spesialiseer, brei ook nou na Suid-Afrika uit. Foto: Deel

“Ons het Deel ontwikkel om die oplossing te wees vir maatskappye wat mense oral in die wêreld – van Argentinië tot Zambië – wil huur,” sê Bouaziz. “Ons probeer om ’n probleem op te los wat vir die meeste ondernemings skrikwekkend was.”

Met Deel is alles wat nodig gekonsolideer in ’n produk wat vertrou kan word om dit maklik te maak om mense wêreldwyd in diens te neem, werknemers te betaal en aan spanlede die beste moontlike ervaring te gee, sê Bouaziz.

Lawrence Diamond, hoof van Deel se Afrika-uitbreiding, sê hulle stel maatskappye in staat om plaaslike talent en vaardighede uit te voer na die wêreldmark terwyl hulle vanaf Suid-Afrika kan werk maak. “Dit gee plaaslike werknemers toegang tot wêreldwye maatskappye en betaalskale.”

Hy sê die tydsberekening van die bekendstelling is perfek vir Suid-Afrika, wat vanjaar as die beste wêreldwye bestemming vir sakedienste aangewys is.

“Dit is ’n sektor wat vinnig plaaslik uitbrei en oproepsentrums en verwante dienste na ander wêrelddele uitvoer.”

Sover het Deel meer as 1 800 ondernemings in 84 lande gehelp om enigiemand – as onafhanklike kontrakteurs en as voltydse werknemers – in diens te neem.

Meer oor:  Deel  |  Werk Van Huis Af  |  Ekspats  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Oorsese Inkomste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.