Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
‘Ons sal altyd te min inspekteurs vir arbeid hê’
Thobile Lamati, direkteur-generaal van arbeid.Foto: Son

Sal werkgewers meer gehoorsaam wees aan arbeidswetgewing as die departement van arbeid tien keer meer arbeidsinspekteurs het as tans?

Dit die vraag wat Thobile Lamati, direkteur-generaal van arbeid, vra.

Hy het Dinsdagmiddag op ’n mediakonferensie ná Mildred Oliphant, minister van arbeid, se begrotingsposdebat gesê die departement sal seker altyd met die probleem van te min inspekteurs sit.

Dit kom te midde van kritiek in die onlangse openbare sittings oor die nasionale minimum loon en ander wysigings van die Arbeidswet dat die departement nie genoeg inspekteurs het om die nasionale minimum loon af te dwing nie.

“Die verantwoordelikheid om aan arbeidswetgewing te voldoen, lê by die werkgewer. Die departement moet vasstel of die wet wel nagekom word, maar ons het nie genoeg inspekteurs om elke werkplek te besoek nie, en ons sal waarskynlik nooit genoeg van hulle hê nie.”

Lamati sê daar is maniere waarop die departement sy beperkte hulpbronne kan rek.

“In enige werkplek verwag ons werkers en vakbonde sal die departement inlig as daar nie aan die wet voldoen word nie. Ons verwag van werkgewers wat deel is van arbeidsooreenkomste, om hul bes te doen om aan die wet te voldoen.”

Benewens daaglikse inspeksies doen die departement volgens Lamati ook van tyd tot tyd sogenaamde blitsinspeksies op spesifieke sektore wat berug is vir hul nienakoming van arbeidswetgewing.

Lamati verduidelik die nuwe wysigings aan arbeidswetgewing maak prosesse nou ook minder moeisaam vir inspekteurs. ’n Inspekteur hoef nie ’n voldoeningsbevel uit te reik as ’n werkgewer wel voorheen aangedui het dat hy van plan is om aan die betrokke wetgewing te voldoen nie. Waar ’n voldoeningsbevel wel uitgereik word, kan die inspekteur na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gaan om die bevel te maak, eerder as na die Arbeidshof. Dit dra dan dieselfde gewig as wat dit sou hê as dit deur die Arbeidshof gemaak sou word.

Aggy Moiloa, adjunkdirekteur-generaal vir inspeksies en toepassingsdienste by die departement, sê hulle werk saam met die KVBA aan ’n gesamentlike opvoedingsveldtog om kwesbare werkers in te lig oor die minimum loon.

Byna 65% van die departement se inspekteurs werk met voldoening aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, en dieselfde inspekteurs sal ook die toepassing van die nasionale minimum loon monitor.

Meer oor:  Kvba  |  Mildred Oliphant  |  Arbeid  |  Arbeidswette  |  Minimum Loon  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1912,58 (3377)
  • Top 40 52166,68 (-42574)
  • All Share 58193,77 (-50385)
  • Resource 10 47450,09 (-69136)
  • Financial and Industrial 30 77684,5 (-46229)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.