Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Raai wat is 10 gewildste werkplekke in SA

Studente en beroepslui beskou Transnet, Eskom, Sasol en die regering as van die gesogste werkgewers in die land.

Dit weerspieël die onderdrukte makro-ekonomiese werklikheid in die land, sê die internasionale beroepsnavorsingfirma Universum, wat Vrydag in Johannesburg sy jaarlikse pryse vir die land se gewildste werkgewers toegeken het.

Meer as 65 000 mense het van September verlede jaar tot Maart vanjaar aan die peiling deelgeneem.

ber

Keshia Serage, bestuurder van Universum se Suid-Afrikaanse bedrywighede, sê werksekerheid en stabiliteit is tans die belangrikste oorweging vir studente wat ’n werk soek.

Dit is uniek aan Suid-Afrika. Internasionaal word intellektuele uitdagings en internasionale geleenthede toenemend hoër in die oorweging van ’n pos aangeslaan.

Volgens Serage is dit omdat die ekonomiese werklikheid ’n bepalende faktor geword het.

“Hulle kan nie bekostig om hul werk te verloor of dat die onderneming vou nie. Die sekerheid van meer tradisionele poste en veral poste in die openbare sektor moet nou met ander prioriteite opgeweeg word.”

Onder studente in drie studierigtings se top-vyf-keuses het poste by staatsondernemings en in die regering 11 uit die 15 plekke ingeneem.

Onder beroepslui in drie velde se top-vyf-lyste het staatsondernemings en regeringsposte ’n derde van die 15 ranglysposisies geneem.

Ander faktore in Suid-Afrika, wat meer in die pas is met die internasionale tendense, is die behoefte aan goeie leierskap, ’n goeie werk-lewe-balans en die behoefte om te voel jy dra as werknemer by tot die samelewing.

Beroepe

“Dis hoekom beroepslui so baie van werk verander. Hulle soek werksekerheid, maar ook vervulling, en dan spring hulle rond om dit te kry.”

Luidens die peiling verander werknemers in Suid-Afrika in die eerste tien jaar van hul beroepslewe gemiddeld drie keer van werk.

Meer as die helfte van jong Suid-Afrikaanse professionele lui is ongelukkig in hul werk en soek nuwe werkgewers oor die volgende 12 maande, het Universum bevind. “Onder die byna 20 000 beroepslui wat op ons opname gereageer het, is die tevredenheidsvlak gemiddeld ses uit tien,” sê Serage.

Op die vraag hoekom respondente sommige maatskappye op verskeie vlakke gunstig evalueer, maar dit dan nie as een van hul topkeuses as werkgewer beskou nie, het meer as die helfte geantwoord dit is omdat hulle nie genoeg van die maatskappy weet nie.

Daarin sien Universum ’n geleentheid vir maatskappye – hulle kan hul posisie op die ranglys verbeter deur bloot inligting oor hulle meer toeganklik te maak.

Met die toekenningseremonie Vrydag het slegs twee van die 12 staatsondernemings wat pryse gewen het as een van die topdrie- gesogte werkgewers in hul onderskeie klasse opgedaag.

Transnet en Sasol het albei twee pryse elk verwerf in die kategorie vir werkgewers in die ingenieurswese vir sowel studente as beroepslui.

Meer oor:  Transnet  |  Sasol  |  Eskom  |  Loopbaan  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.