Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
SA firma werf nou plaaslike talent vir IT-reuse
Debbie Goodman-Bhyat

Multinasionale tegnologiemaatskappye wat ’n vastrapplek in Afrika soek, sukkel om beroepsmense met die “regte” ondervinding vir hul topposte te bekom.

Die afgelope jaar was daar ’n toename van 75% in versoeke van maatskappye uit veral Amerika vir hulp om leiersposte in Afrika te vul, sê Debbie Goodman-Bhyat, uitvoerende hoof van Jack Hammer, ’n maatskappy wat die regte talent vir uitvoerende poste soek.

Die stygende aanvraag vir sy dienste in Amerika het daartoe gelei dat Jack Hammer nou twee nuwe kantore, in Los Angeles en San Francisco, open.

Al hoe meer multinasionale tegnologie-maatskappye betree die aanloklike ontluikende markte in Afrika, sê Goodman-Bhyat.

Maar daar is ’n probleem.

“Maatskappye kan nie meer net eenvoudig een van hul senior bestuurders van elders ter wêreld in Afrika ontplooi nie, want die visumvereistes het baie streng geword.”

Jack Hammer se vennote in lande soos Ghana, Nigerië, Egipte, Kenia en Tanzanië het neigings raakgesien wat bevestig dat dit moeilik raak vir beroepslui om plaaslike markte te betree. Dit kniehalter die internasionale maatskappye se pogings om spanne te bou met mense wat hulle ken.

“Hoewel daar ongetwyfeld ’n soliede en groeiende plaaslike groep van bestuurslui is om uit te kies, kan maatskappye nie net wil ‘spoeg en plak’ as hulle iemand uit Afrika wil aanstel nie.”

Goodman-Bhyat verduidelik die loopbaan-trajek wat tipies in Amerikaanse, Europese en Asiatiese maatskappye gevolg word, lyk so: ’n Kandidaat vir uitvoerende bestuursposte verwerf sy kwalifikasies by ’n prestigeryke universiteit en doen ondervinding by ’n leidende internasionale maatskappy op. Dink aan Amazon, Google, Facebook of ’n top-konsultant.

“Hierna vorder hulle tot ’n hoëvlak-bestuurspos of verlaat die maatskappy om hul eie onderneming te begin en entrepreneuriese ondervinding op te doen.”

Maar in Afrika, waar dieselfde internasionale maatskappye toenemend topleiers moet werf weens die visumregulasies, bestaan dié ekostelsel nie en gevolglik is dieselfde loopbaanpad nie beskikbaar nie, sê Goodman-Bhyat.

“Dit beteken kliënte sal nie ’n replika van die loopbaanleer vind waaraan hulle elders gewoond is nie.”

Sy sê die tegnologiemark in Afrika is hoogs ontwikkeld en uiters mededingend.

“Maar die wanverhouding tussen die verwagtinge van maatskappye oor die kandidate vir hul topposte, en die profiel van kandidate wat wel beskikbaar is vir dié veeleisende poste, verg ’n nuwe benadering.”

Sy sê dit is waarom Jack Hammer kantore in Amerika open. “Ons sal beter in staat wees om ons kliënte te help groei en dienste te lewer as ons ’n teenwoordigheid in Amerika het. Dit sal ons ook ’n mededingende voordeel gee omdat ons ook ’n voetspoor in Afrika het en verstaan wat hier vereis word.”

Meer oor:  Jack Hammer  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.