Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Salarisse: Goeie nuus dalk op pad in 2021
’n Internasionale raadgewer se peiling wys dat baie Suid-Afrikaners ’n salarisverhoging in 2021 kan verwag. Foto: Bloomberg

Het jy nié vanjaar ’n salarisverhoging gekry nie? Dalk is jy gelukkig in 2021 en betaal jou werkgewer jou ’n verhoging van sowat 5%.

Dié syfer is nie een wat net uit die duim gesuig is nie, maar wat die internasionale raadgewende maatskappy Willis Towers Watson (WTW) meen Suid-Afrikaners in die private sektor in die nuwe jaar kan verwag.

Melanie Trollip, direkteur van talent en belonings by WTW in Suid-Afrika, sê hoewel 2020 ’n afgryslike jaar vir baie ondernemings en hul werknemers was, lyk dit of 2021 ’n beter jaar gaan wees.

“Daar is tekens van veerkragtigheid en versigtige optimisme vir volgende jaar.

“Maatskappye beplan om hul begrotings vir salarisse uit te brei en effens hoër verhogings aan te bied. Dit lyk ook of die grootskaalse tendens om salarisse te bevries, gaan afneem,” sê sy.

Trollip sê in ’n verklaring hul syfers wys een uit tien ondernemings in Suid-Afrika het in 2020 nie verhogings toegestaan nie.

Hoewel sommige ondernemings in 2021 steeds nie verhogings sal gee nie, sal dié tendens daal tot een uit elke agt ondernemings.

Sy waarsku egter dat mense sal moet wag en kyk of die beplande salarisverhogings in 2021 wel gaan realiseer.

“Baie werknemers sal ’n salarisverhoging van 5% verwelkom.”

So ’n verhoging sal meer wees as die inflasiekoers van 3,9% wat die Reserwebank vir 2021 voorspel.

Trollip sê die verwagting is dat die energiebedryf begroot vir die swakste salarisverhogings (3,5%), terwyl die farmaseutiese en vervaardigingsbedryf na verwagting (6,4%) sal betaal.

WTW het ’n peiling in Oktober en November onder 243 Suid-Afrikaanse maatskappye gedoen oor wat hulle planne vir salarisverhogings in die komende jaar is.

“Die arbeidsmark is steeds in ’n baie brose toestand, en sommige sektore ly meer as ander.”

Salaris

Meer oor:  Salarisse  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.