Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Skerp styging in eise vir Covid-19 by die werk

Die aantal mense wat eis omdat hulle Covid-19 by die werk opgedoen het, het die afgelope twee weke met meer as duisend gestyg.

Daar is 7 199 eise nou al by die Vergoedingsfonds (VF) ingedien. Daarvan was 4 595 regstreekse eise, 2 385 via Rand Mutual en 219 via Federated Employees. Laasgenoemde twee versekeraars dien eise namens onderskeidelik myn- en staalwerkers en konstruksiewerkers in.

’n Skerp styging is ervaar in eise vanuit die mynbou, maar die departement van indiensneming en arbeid sê dit is omdat eise wat voorheen ingedien is, aanvanklik verwerp is omdat inligting onvolledig verskaf is. Die res van die inligting is intussen verskaf en baie eise is dus gelyktydig getel.

Die VF het nou al R462 612,40 se mediese behandeling betaal en Federated Employees nog R11 356,56.

Vir tydelike mediese ongeskiktheid is R514 963,22 uitbetaal en R51 477,53 vir permanente mediese ongeskiktheid.

R3,25 miljard se voordele is aan afhanklikes van mense wat aan Covid-19 dood is, uitbetaal.

Rand Mutual het ook R18 251 se begrafniskoste gedek.

Eise volgens provinsie

Die 4 595 wat regstreeks by die VF ingedien is, kom van die volgende provinsies:

  • Wes-Kaap: 2 358
  • Oos-Kaap: 1 107
  • KwaZulu-Natal: 491
  • Gauteng: 481
  • Mpumalanga: 91
  • Noord-Kaap: 35
  • Noordwes: 29
  • Limpopo: 3

Die VF het aanspreeklikheid vir 3 109 eise oftewel 67,7% aanvaar. 544 (11,8%) is verwerp en nog 942 (20,5%) wag op beregting.

Rand Mutual se eise

Die meeste van die 2 385 eise wat deur Rand Mutual ontvang is, moet nog bereg word. Dis 2 156 of 90,4% van die eise.

Die eise kom grootliks van Gauteng.

  • Gauteng: 1 870
  • Oos-Kaap: 160
  • KwaZulu-Natal: 91
  • Wes-Kaap: 72
  • Vrystaat: 58
  • Noordwes: 38
  • Limpopo: 20
  • Onbekende oorsprong: 64

Federated Employers se 219 eise kom hoofsaaklik van Gauteng (12) en die Wes-Kaap (32). Daar is geen aanduiding van hoeveel eise al beslis is nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Ramptoestand  |  Vergoedingsfonds  |  Koronavirus  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.