Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
So kan werkplek in toekoms verander

Swede het sy BTW op sekere items van 25% tot 20% verlaag in ’n poging om mense aan te spoor om sekere gebruiksartikels eerder te herstel as om nuwes te koop.

robot,masjien,kunsmatige intelligensie
Die werkplek van die toekoms gaan baie anders wees as die van vandag maar die oorgang gaan mooi bestuur moet word, meen kenners. Foto: Unsplash

So het Cecilia Julin, Sweedse ambassadeur in Suid-Afrika, Donderdag op die konferensie van die Partnership for Action on Green Economy (Page), gesê.

Sy was deel van ’n paneelbespreking oor die toekoms van die werkplek in die groenekonomie.

Dit was deel van haar verduideliking oor hoe Swede die skuif na ’n groener ekonomie bevorder en hoe die sogenaamde sirkel-ekonomie benut word, d.w.s. waar soveel moontlik hulpbronne herwin en hergebruik word.

Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), sê die suksesverhale van groot transformasie in werkplekke is waar werkers, maatskappye en die regering saam aan ’n oplossing gewerk het.

Ryder sê hy glo nie aan die “einde van werk” weens kunsmatige intelligensie en robotika nie.

Die werkgeleenthede van die toekoms gaan nie geografies op dieselfde plekke wees as nou nie, en verskillende vaardighede sal vereis word, sê Ryder.

Regerings, vakbonde en werkgewers sal egter doelbewus moet belê in prosesse om die oorgang te bestuur.

“As jy dit net laat gebeur, gaan jy ’n moeilike toekoms tegemoet.”

Julin meen die jonger generasie het ander verwagtinge van die werkplek. Selfs ’n goeie vergoeding is nie noodwendig die aanloklikste vir jong mense nie, maar hulle wil voel hul werk dra by tot ’n beter wêreld.

Julin verwag op haar beurt nie ’n grootskaalse migrasie van werkers na lande wat meer vaardig is met tegnologie nie. Sy meen die multinasionale aard van maatskappye sal ’n perk daarop plaas.

Julin meen die jonger generasie het ander verwagtinge van die werkplek. Selfs ’n goeie vergoeding is nie noodwendig die aanloklikste vir jong mense nie, maar hulle wil voel hul werk dra by tot ’n beter wêreld.

Wat dink jy?

Uit 133 deelnemers aan ’n peiling op die konferensie het 35% gesê outomatisering en tegnologiese innovering is die belangrikste faktor wat die toekoms van werk gaan raak.

Tot 29% van deelnemers glo omgewingsfaktore en klimaatsverandering sal die werkplek raak, en 14% glo demografiese verandering en verouderende en jonger werkbevolkings sal die werkplek raak.

Tot 12% meen sake-herstrukturering en nuwe produksiemetodes sal die werkplek verander, en 9% glo die data-ekonomie, die platform-ekonomie en ander soort herorganisering van werk en werkers sal die werkplek verander.

Meer oor:  Beroepe  |  Indiensneming  |  Loopbane  |  Tegnologie  |  Migrasie  |  Kunsmatige Intelligensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1986,07 (-56)
  • Top 40 51958,03 (51078)
  • All Share 58052,71 (51549)
  • Resource 10 46470,08 (33567)
  • Financial and Industrial 30 77966,47 (84434)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.