Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Só lyk gemiddelde salaris in SA nou

Die gemiddelde salaris wat Suid-Afrikaners verdien, het die afgelope kwartaal gedaal. 

A vendor counts out rand banknotes while working i
Die gemiddelde salaris in Suid-Afrika is meer as R20 000 per maand in die formele sektor. Foto: Getty Images

Dis egter nie té verrassend nie, omdat heelwat meer mense in die laaste kwartaal van die jaar bonusse kry as in die eerste kwartaal van die nuwe jaar.

As jy nou maandeliks meer as R20 855 verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris.

Dié bedrag is die gemiddelde salaris in Februarie 2019 wat die 10,174 miljoen mense in die formele sektor verdien het, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die eerste kwartaal van 2019.

Die gemiddelde salaris van R20 855 sluit wel oortyd en bonusse in. Dis 3,8% hoër as in Februarie 2018, maar 1,9% minder as in November 2018.

Werknemers se totale bruto verdienste – wat pensioenfondsbydraes en ander werknemervoordele insluit – het op ’n kwartaalgrondslag met 5,6% tot net meer as R688 miljard in Maart gedaal. Dit was wel 3,7% hoër as ’n jaar gelede.

Die daling in verdienste, selfs al is meer mense in diens, beteken die poste wat verlore is, was beter betaalde poste as dié wat wel geskep is.

Siphamandla Mkhwanazi, FNB-ekonoom, sê die feit dat salarisse op ’n jaargrondslag met minder as die inflasiekoers (wat in Februarie 4,1% beloop het) gestyg het, beteken salaristrekkers se koopkrag daal.

“Dis veral kommerwekkend in die lig van die groter belastinglas wat vir vanjaar voorsien word weens fiskale sleur. Ons verwag dus dat die druk op huishoudings se besteebare inkomste sal voortduur, wat niks goeds vir algehele huishoudelike verbruik op kort tot mediumtermyn voorspel nie.”

Huishoudings kan wel in Julie ’n bietjie verligting verwag wanneer die petrolprys met nagenoeg 90c per liter gaan daal, en heelwat ekonome begin ook voorspel dat die Reserwebank middel Julie die rentekoers gaan verlaag.

LEES OOK: Petrolprys: Só lyk syfers vir Julie nou

Aan die ander kant is daar groot kommer dat die styging in mieliepryse kospryse weer gaan opdruk oor die volgende paar maande.

LEES OOK: Skok oor kospryse op pad: Hier is die redes

 

Meer oor:  Werk  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Salaris  |  Qes1901
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1997,51 (1144)
  • Top 40 51565,16 (-39287)
  • All Share 57636 (-41671)
  • Resource 10 46379,94 (-9014)
  • Financial and Industrial 30 77165,34 (-80113)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.