Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Só lyk gemiddelde salaris in SA nou
A vendor counts out rand banknotes while working i
As jy nou maandeliks meer as R22 387 verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris. Foto: Getty Images

Daar was reeds in die eerste kwartaal van die jaar tekens dat maatskappye oortyd verminder het te midde van die swak ekonomie.

Die gemiddelde salaris wat Suid-Afrikaners in die formele sektor verdien, was in Februarie effens laer (-0,2%) as in November 2019. Dit was egter 5,4% hoër as in Februarie 2019, wat beteken die gemiddelde salaris het met ’n stewige 0,8 van ’n persentasiepunt méér as die inflasiekoers – wat in Februarie 4,6% was – gestyg.

As jy nou maandeliks meer as R22 387 verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris. Dit sluit oortyd en bonusse in.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) werk nagenoeg 10,2 miljoen mense nou in die formele sektor, statisties gesproke onveranderd in die eerste kwartaal van die jaar, sowel as vergeleke met verlede jaar. Die formele sektor sluit mense uit wat in die landbou, informele sektor en private huishoudings werk.

Werknemers se totale bruto verdienste – wat pensioenfondsbydraes en ander werknemervoordele insluit – het op ’n jaargrondslag met 4,3% tot R730,3 miljard gestyg, dus net-net minder as die inflasiekoers. Dis egter 6% laer as in die vorige kwartaal.

Salarisse het in die meeste bedrywe gedaal, veral gemeenskapsdienste (grootliks die staatsdiens), vervaardiging, handel, sakedienste, vervoer, konstruksie en krag.

Die daling in die bruto salarisrekening van die formele sektor terwyl indiensneming onveranderd gebly het, kan ook daarop dui dat senior of hoogs betaalde poste besnoei is, terwyl meer laer besoldigde werknemers aangestel is. SSA sit egter nie die redes vir die laer salarisse uiteen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.