Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Só lyk gemiddelde salaris te midde van Covid-19

Die gemiddelde vergoeding wat mense in die formele sektor in Junie verdien het, het in die tweede kwartaal met 4,2% gedaal.

As jy meer as R21 455 verdien, het jy ’n bogemiddelde salaris.

Die gemiddelde vergoeding was in dié maand R21 455, teenoor R22 395 in Februarie. Dit is 1,6% minder as ’n jaar gelede.

Die daling is baie minder ingrypend as wat verwag sou word gegewe dat duisende werknemers op die beperkte uitbetalings van die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters staatgemaak het toe hulle tydens die staat van inperking nie kon werk nie.

Verskeie ondernemings het ook werknemers se salarisse met tot 30% besnoei.

Altesame het die bruto vergoeding wat aan al 9,6 miljoen werknemers in die formele sektor betaal is, met 11,3% tot R647,2 miljard gedaal. Dit is ook 9% minder as in Junie 2019.

Dié syfers sluit bonusse en oortydbetaling in.

Net basiese lone en salarisse het sedert Maart met 9,9% tot R601 miljard gedaal en is ook 8,1% minder as ’n jaar gelede.

Bonusse en oortyd het van kwartaal tot kwartaal met 26,2% tot R46,2 miljard gedaal, wat ook 19,6% minder is as ’n jaar gelede.

Vervoer is die enigste bedryf waarin bonusse en oortydbetalings toegeneem het.

Die syfers kom uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES).

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Vergoeding  |  Koronavirus  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Beroepe  |  Inperking  |  Loopbane  |  Covid-19  |  Salaris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.