Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Solidariteit: 4NR nié rede vir werkverliese

Die vierde nywerheidsrevolusie (4NR) is nie die groot sondaar as dit by dreigende werkverliese in Suid-Afrika kom nie.

Daar heers al meer kommer oor of robotte gaan oorneem en mense hul werk gaan verloor. Foto: Pixabay

Die vakbond Solidariteit sê Donderdag in ’n verklaring dat Cameron Morajane, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), eerder méér op die rol van wetgewing en beleid – soos die nasionale minimum loon – as op die 4NR moes fokus.

Morajane het Maandag met die bekendstelling van dié kommissie se jaarverslag gesê die 4NR en beleidsveranderinge is die twee grootste redes vir so baie afleggings en hoekom nóg verwag word.

Wanneer dit by die 4NR kom, gaan dit veral oor die invloed wat outomatisasie en digitalisering op alle sektore het.

Marius Croucamp van die Solidariteit Instituut vir Strategiese Arbeidsake sê in ’n verklaring dat outomatisering en die tegnologie van kunsmatige intelligensie nie die grootste rede vir die werkverliese is nie.

“Grootskaalse afleggings is besonder onrusbarend aangesien dit die simptoom van ’n siek ekonomie is. Die grootste rede vir hierdie kommerwekkende tendens word egter nie in die verslag genoem nie. Die toename in afleggings is weens swak ekonomiese groei en die hoë kostes wat volg op die ideologiese beleid van die regering, en nié soseer as gevolg van die 4NR nie,” sê hy.

Morné Malan, senior navorser by die Solidariteit-navorsingsinstituut, meen op sy beurt dat ’n gebrek aan ekonomiese vryheid in Suid-Afrika ook ’n beduidende rol in werksverliese in die land speel.

“Volgens die mededingendheidsindeks van die Wêreld- Ekonomiese Forum het Suid-Afrika sedert 2007 tot 2018 met 32 plekke gedaal.

“Op die Wêreldbank se indeks oor die gemak waarmee sake gedoen word, beklee Suid-Afrika die 82ste posisie, 50 plekke laer as in 2008.

“Die ekonomiese vryheidsindeks van die Heritage Foundation en die Frazer Institute het Suid-Afrika met onderskeidelik 25 en 64 plekke afgegradeer.

Die regering se populistiese beleid van onteiening, arbeidswetgewing en ondersteuning van anargie skrik voornemende beleggers totaal af.
Henk Oosthuizen, leser

“Hiéruit is dit duidelik dat Suid-Afrika een van die swakste lande ter wêreld is wanneer ekonomiese vryheid – veral wat betref die grootte van die regering, die vryheid om internasionaal handel te dryf en streng sakeregulasies – oorweeg word,” meen Malan.

“Om die 4NR nou die sondaar te maak, terwyl die regering self ’n uiters ongunstige omgewing vir ekonomiese groei in Suid-Afrika daarstel, is onverantwoordelik en ondeurdag. Dit het tyd geword dat die regering rekenpligtig optree en van sy populistiese beleid in die belang van alle werkers in Suid-Afrika afstand doen,” sê Croucamp.

In kommentaar op die aanvanklike berig stem Netwerk24 se lesers met die vakbond saam.

Henk Oosthuizen skryf: “Die grootste rede vir die kommerwekkende tendens word nie genoem nie. Die regering se populistiese beleid van onteiening, arbeidswetgewing en ondersteuning van anargie skrik voornemende beleggers totaal af.

“Verder is die land kaalgestroop van geld deur politieke misdadigers en hul meedoeners. Dít is die hoofrede vir die absolute chaos in hierdie ekonomie, en hulle dans om die kwessie.”

Louw Louw skryf: “Slegs in my bedryf is daar 11 maatskappye wat toegemaak het of besig is om toe te maak. Ek het slegs ’n dopmaatskappy in Suid-Afrika oor. Almal skuif oorsee as gevolg van swart ekonomiese bemagtiging, arbeidswetgewing wat onbillik teenoor werkers is, diefstal, belaglike belastings en ’n regering waar die diefstal van belastinggeld nie daadwerklik gestop word nie.”

Derek Meyer sê egter die rol van 4NR moenie onderskat word nie.

“In die mynbedryf is dit baie vinnig op pad. Robotte kan die werk baie meer doeltreffend doen en staak nie elke paar maande nie. Geen menselewe word bedreig as afstandbeheerde robotte in al daardie klein gaatjies inkruip en dieselfde werk doen as mense nie. Geen minimum loon nie en geen mediese dekking nie.”

Meer oor:  Morné Malan  |  Cameron Morajane  |  Marius Croucamp  |  Kvba  |  4Nr  |  Arbeidswette  |  Arbeidsake  |  Beroepe  |  Vierde Nywerheidsrevolusie  |  Loopbane  |  Minimum Loon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.