Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Solidariteit na arbeidshof oor regstellende aksie

Die vakbond Solidariteit gaan Woensdag die arbeidshof in Johannesburg vra om die regering te verplig om die Menseregtekommissie (MRK) se aanbevelings oor gelykheid in werking te stel.

Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van die vakbond Solidariteit.

Dit spruit uit ’n voorlegging van Solidariteit in 2016 aan die VN se komitee oor die uitwissing van rassediskriminasie. Solidariteit het daarin kritiek gelewer oor sekere aspekte van die Wet op Diensbillikheid, wat regstellende aksie in Suid-Afrika reguleer.

Die uiteinde van dié voorlegging aan die VN was ’n verslag van die MRK dat Suid-Afrika regstellende aksie op ’n meer genuanseerde manier moet toepas, en dat behoeftes en sosio-ekonomiese faktore in ag geneem moet word. Die MRK het ingestem die manier waarop regstellende aksie tans toegepas word, kom op rassekwotas neer.

Die MRK het aanbeveel die Wet op Diensbillikheid moet gewysig word omdat sekere dele van die wet nie in ooreenstemming met die Grondwet en internasionale konvensies is nie. Die wet se definisie van aangewese groepe is volgens die verslag nie in pas met grondwetlike en internasionale wetsverpligtinge nie.

Mzwanele Manyi
Mzwanele Manyi, 'n vorige direkteur-generaal van arbeid. Foto: Gallo Images

Die MRK se verslag beveel ook aan dit moet verpligtend wees om ’n streek se ekonomies aktiewe bevolking in ag te neem in die toepassing van die wet. Dit hou verband met die opmerking in 2011 deur Mzwanele Manyi, destydse direkteur-generaal van arbeid, dat daar ’n “oorkonsentrasie” van bruin mense in die Wes-Kaap is en dat hulle kwansuis landwyd moet uitsprei vir beter werkgeleenthede. Manyi, wat destyds nog die voornaam “Jimmy” gebruik het, is erg gekritiseer oor dié uitspraak.

Die regering was veronderstel om binne ses maande na die MRK se verslag aan te dui hoe die wet gewysig sal word.

Tot nou toe het die regering nie enigiets aan die MRK se aanbevelings gedoen nie, het Solidariteit Sondag in ’n verklaring gesê.

Thulas Nxesi, minister van arbeid. Foto: Gallo Images

Dit kom neer op die minagting van die Grondwet, meen dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit.

Thulas Nxesi, minister van arbeid en een van die respondente in Solidariteit se saak by die Arbeidshof, het in Augustus gesê die strop gaan stywer trek om werkgewers wat nie vorder met transformasie in die werkplek nie. Hy was met die bekendstelling van die Kommissie vir Diensbillikheid se jaarverslag erg teleurgesteld oor die swak en trae vordering met transformasie, want die ekonomie word steeds deur wit mans in topbestuursposte oorheers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.