Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Solidariteit vandag in hof oor regstel-aksie
beroepe,
Wink die einde van regstel-aksie dalk? Foto: Unsplash

Die vakbond Solidariteit is Woensdag in die hof om ’n kolossale mikpunt te probeer bereik: Hy wil die regering dwing om regstellende aksie te wysig.

Solidariteit sal die arbeidshof in Johannesburg betree met ’n verslag van die Menseregtekommissie (MRK) in die hand wat bevind het die Wet op Diensbillikheid en regstellende aksie in die algemeen is in sy huidige vorm ongrondwetlik.

Dié 2017-’18-gelykheidsverslag bevind dat regstellende aksie wat net algemene rassedata gebruik, nié gelykheid bevorder nie.

Die MRK se verslag stem ook ooreen met die siening van die Verenigde Nasies se internasionale kommissie vir die beëindiging van alle rassediskriminasie (ICERD).

Die MRK ondersteun wel die mikpunt van regstellende aksie, en Solidariteit betwis dít nie.

Wat uitgewys word, is dat die regering regstellende aksie toepas gegrond op saamgevoegde rassedata wat nie op individuele vlak ekonomiese bevordering of gelykheid op die hart dra nie.

Die konstitusionele hof het dit duidelik gemaak dat regstellende aksie nie as ’n straf teenoor voorheen bevoordeelde groepe ingespan moet word nie, en eerder ten alle tye gelykheid as mikpunt moet stel. Dit beteken ook dat die wetgewing net tydelik is totdat ongelykheid tussen groepe genoegsaam herstel is.

Volgens die Barnard-beginsel, wat in die konstitusionele hof vasgestel is, is die behoorlike manier om regstellende aksie toe te pas dus om die konteks van elke saak in ag te neem.

Dié beginsel is al gebruik om onder meer ’n wit man voorkeur te gee vir indiensneming in ’n geval waar die maatskappy reeds ’n oorvloed swart vroue aangestel het, sê die verslag.

Huidige wetgewing verbied die versameling en gebruik van spesifieke ras en maatskaplik-ekonomiese data van individue.

Volgens die MRK is dit ’n uiters belangrike beginsel omdat groepe in die land wat werklik benadeel is, nie geïdentifiseer en dus bevorder kan word deur die Wet op Diensbillikheid nie aangesien net ras as bepalende faktor ingespan word.

Volgens die MRK is die nou baie groot swart middelklas meer geneig om te kan voordeel trek teenoor die meerderheid arm swart mense van miskien landelike gebiede omdat geen data op mikrovlak beskikbaar is nie.

Huidige wetgewing verbied die versameling en gebruik van spesifieke ras en maatskaplik-ekonomiese data van individue.

Daarsonder, argumenteer die MRK, kan regstellende aksie nie eintlik nie gebruik word om gelykheid te bevorder nie en sal dit uitgebuit word deur diegene wat reeds ekonomies bemagtig is, bloot omdat hul byvoorbeeld velkleur ooreenstem met die teikens.

Dit kan ook sodoende onreëlmatig diskrimineer teen wit mense wat nie veronderstel is om uit en uit gestraf te word onder die wetgewing nie.

“Die definisie van aangewese groepe in die Wet op Diensbillikheid voldoen nie aan grondwetlike of internasionale regsverpligtinge nie,” sê sowel die MRK-verslag as Solidariteit.

Solidariteit meen dit kan die einde van regstellende aksie in sy huidige vorm beteken.

Hofverrigtinge begin Woensdag om 10:00.

Hou Netwerk24 dop.

Meer oor:  Solidariteit  |  Regstellende Aksie  |  Beroepe  |  Indiensneming  |  Regstel-Aksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.