Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Staat vaar self vrot met Covid-19-reëls vir werkplek

Terwyl dit die regering is wat die Covid-19-inperking op die ekonomie afgedwing het, vaar staatsentiteite die vrotste om aan die nodige gesondheids- en veiligheidsvereistes vir Covid-19 in die werkplek te voldoen.

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid. Foto: Argief

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, moes dit self erken in antwoord op ’n skriftelike vraag van ’n parlementslid.

Van 27 Maart tot 7 Oktober het sy departement 1 586 inspeksies by instellings in die staatsektor gedoen om te kyk of hul werkplek aan Covid-19-vereistes voldoen – byvoorbeeld dat werknemers toegang het tot persoonlike beskermende toerusting, daar genoeg sosiale afstand is, werknemers gesif en gemonitor word vir enige simptome ensovoorts.

Maar 55% oftewel 879 van al die staatsentiteite wat besoek is, het nie aan die nodige regulasies voldoen nie, het Nxesi geantwoord op die vraag van Sonja Boshoff, DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies.

werkplek

Dit was net in Gauteng en die Noord-Kaap waar daar meer instellings was wat aan die regulasies voldoen het as wat nié voldoen het nie, hoewel net onderskeidelik 16 en 21 instellings in dié provinsies besoek is.

In die Wes-Kaap is 446 entiteite besoek en net 189 van hulle – dus net 42% – het aan die vereistes voldoen.

Die private sektor het veel beter gevaar. Die departement het 5 721 landwye inspeksies by private ondernemings gedoen, en 58% het wel aan die reëls voldoen.

Dit was net in Limpopo en Mpumalanga waar daar meer ondernemings was wat nie aan die vereistes voldoen het nie as wat wel voldoen het. In Gauteng is 363 inspeksies gedoen en 77% oftewel 280 ondernemings het aan die reëls voldoen.

In die Wes-Kaap is 1 909 ondernemings besoek en 59% oftewel 1 133 het voldoen.

Meer oor:  Thulas Nxesi  |  Covid-19  |  Werkplek  |  Departement Van Arbeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.