Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Staking sonder geheime stemming nou onwettig

Dit is nou amptelik onwettig om te staak as ’n vakbond nie eers ’n geheime stemming onder sy lede gehou het nie.

betoging, munisipale werkers, pretoria
Lede van die vakbond Samwu betoog in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

As vakbonde nie hieraan gehoor gee nie, kan hul registrasie as vakbond gekanselleer word en kan die vakbond onder administrasie geplaas word, waarsku die kantoor van die registrateur van arbeidsverhoudinge in ’n verklaring.

Werkgewers en sommige vakbonde steun al jare die beginsel van ’n geheime stemming onder werkers voordat hulle tot ’n staking kan oorgaan, om onder meer onbillike druk en intimidasie van werkers te voorkom.

Die beginsel van ’n geheime stemming voor ’n staking is nou in die Wysigingswet oor Arbeidsverhoudinge opgeneem wat in Januarie van krag geword het. Die kantoor van die registrateur van arbeidsverhoudinge moes egter die afgelope paar maande inligtingsessies by vakbonde en werkgewersorganisasies hou om seker te maak hulle pas hul eie grondwette aan.

Adv. Lehlohonolo Molefe, registrateur van arbeidsverhoudinge, sê daar was sommige vakbonde en werkgewersorganisasies wat nie die inligtingsessies bygewoon het nie, en sy kantoor ontvang steeds daagliks navrae oor geheime stemmings.

Die riglyne oor stemmings oor stakings ingevolge art. 59 (9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat elke vakbond voor die uitroep van ’n staking ’n stemming hou. Dit skryf voor watter prosedures gevolg moet word as ’n geheime stemming gehou word.

Molefe het beklemtoon die hou van geheime stemmings is nou deel van die wetlike raamwerk en moet gerespekteer word.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van die vakverbond Cosatu, sê die departement van arbeid se verklaring is swak verwoord. Die hou van stemmings voor stakings is niks nuuts nie en is al ’n vereiste sedert 1995 toe die eerste weergawe van die Wet op Arbeidsverhoudinge van krag geword het.

Parks noem wel dat die vorige wetgewing vaag en nie heeltemal duidelik oor geheime stemmings was nie.

Die wet vereis nou van vakbonde om vir drie jaar rekord te hou van stemmings in geval van enige regstappe later.

Volgens Parks werk Cosatu al verskeie jare saam met sy geaffilieerde vakbonde om seker te maak dat hulle te alle tye aan al die aspekte van die Wet op Arbeidsverhoudinge voldoen.

“Cosatu is in beginsel nie gekant teen geheime stemmings nie. Cosatu is gegrondves op werkerbeheer. Dit is werkers wat moet besluit oor sake wat hulle raak. Dit strek van watter eise hulle het, hul besluit om te staak tot die aanvaarding van skikkings en die kies van leiers en afgevaardigdes.”

Die mynwerkersvakbond Amcu se grondwet van 2018 het nog teenstrydige voorskrifte oor stemmings gehad, blyk uit ’n weergawe wat in Februarie vanjaar op Amcu se webruimte gelaai is. Die afdeling oor nywerheidsoptrede bepaal lede kan deur hul hande op te steek stem om met ’n staking te begin. Die afdeling oor stemmings self noem wel dat stembriewe gedruk en in ’n verseëlde houer geplaas moet word wanneer oor iets soos dispute gestem word.

Meer oor:  Cosatu  |  Vakbond  |  Geheime Stemming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.