Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Syfers oor salarisse wys afleggings, emigrasie

Die reële besteebare inkomste van die gemiddelde Suid-Afrikaner het vir die derde opeenvolgende maand toegeneem, maar kommer heers oor die kwynende aantal salaristrekkers.

Dit is luidens BankservAfrica se jongste maandelikse indeks van besteebare inkomste (die Beti). Dit wys dat die reële besteebare inkomste in Februarie tot R14 066 gestyg het. Dis ’n styging van 1,5% meer as inflasie.

Die aantal mense wat salarisse in hul bankrekening ontvang, is meer as 9% minder as ’n jaar gelede. Grafika: Pixabay

“Die eerste twee maande van 2019 het in reële terme dus baie hoër stygings ervaar vergeleke met die eerste twee maande van 2018,” sê BankservAfrica in sy verslag.

Hy skryf die verbetering toe aan hoofsaaklik laer relatiewe inflasie, asook die groter verhogings van staatsamptenare se salaris.

BankservAfrica ontleed die data van alle salarisse wat deur sy stelsel vloei.

’n Groot bron van kommer is dat die aantal salaristrekkers wat BankservAfrica meet, in Februarie met 9,1% gedaal het.

“Baie mense blyk die stelsel te verlaat het, veral in die hoërinkomstegroepe.”

Februarie is die agtste opeenvolgende maand waar die tendens nou al voortduur.

“Die verlating van die stelsel kan op ’n aantal maniere gebeur, soos deur afleggings, aftrede of miskien selfs omdat betalings nie meer deur die Suid-Afrikaanse bankstelsel gaan nie,” sê die maatskappy.

Laasgenoemde kan beteken meer mense het geëmigreer, hoewel dit ook bloot kan beteken meer mense ontvang hul salaris in kontant of per tjek, om watter rede ook al.

’n Ander moontlikheid, sê BankservAfrica, is ook die effek van beurtkrag. Dit beteken bes moontlik talle mense wat nie kon werk nie, is nie betaal nie.

“Die data wys dat daar minder mense is wat werk en dat minder belasting in totaal dus betaal word.

“Dit wys daarop dat die invordering van persoonlike inkomstebelasting waarskynlik in die nabye toekoms teleurstellend sal wees.”

Meer oor:  Bankserv­Africa  |  Loopbane  |  Salaris  |  Beti  |  Salarisse  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.