Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Taxigeweld: Geen werk, geen betaling

Dis werknemers se verantwoordelikheid om by die werk te kom.

Indien vervoerprobleme hulle verhinder om by die werk te kom, hoef werkgewers hulle nie te betaal nie.

Vervoer werk toe is nie die werkgewer se verantwoordelikheid nie, tensy ’n spesifieke reëling in plek is daarvoor.

Dit sluit in as hulle weens die ontwrigtende taxigeweld wat op die oomblik in die Wes-Kaap heers, nie ’n taxi tot by die werk kan kry nie.

Jan Truter, besturende direkteur van die arbeidsregpraktyk Labourwise, sê ingevolge die land se arbeidswetgewing is daar geen plig op werkgewers om werknemers te betaal wat nie vir werk opdaag nie. Dis die geval selfs al is die omstandighede buite hul beheer.

Dit staan mense wel vry om betaalde verlof in te sit totdat dit op is, indien die werkgewer daartoe instem.

Dit kom terwyl honderde mense in die Kaapse metropool sukkel om by die werk te kom omdat taxi’s sporadies loop en ook omdat busse uitgebrand word. Baie mense is ook te bang om taxi’s te gebruik.

Die uitsondering op die algemene reël van “geen werk, geen betaling” is indien daar ’n ooreenkoms in plek is dat die werkgewer fisiek vir werknemers se vervoer verantwoordelik is, sê Truter.

In dié geval sal werknemers betaal moet word, al kan die werkgewer se vervoerkontrakteur hulle nie kom haal nie.

Verskeie ondernemings en private huishoudings sukkel op die oomblik met die afwesigheid van personeel. Dit raak almal van kosfabrieke tot apteke en selfs hospitale.

Enkele Kaapse winkelsentrums het sedert die eskalasie van die geweld hul deure vroeër gesluit, soos CapeGate op 13 Julie en Canal Walk op 19 Julie.

Tygervallei het Woensdag aangekondig dat sommige winkels “tot verdere kennisgewing” vroeër sluit as die sentrum se amptelike sluitingstyd van 19:00 van Maandag tot Saterdag.

“Die veiligheid van ons personeel is vir ons van die uiterste belang en ons hart gaan uit na almal wat deur die huidige situasie geraak word.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Betaling  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Verlof  |  Salaris  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.