Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Terug werk toe: Dít is die reëls
’n Werker in Ford se aanleg in Silverton besig om ’n gesigskerm te maak. Die maatskappy in Pretoria vervaardig nou gesigmaskers. Foto: Ford

Die meeste van Suid-Afrika se groot ondernemings sal van 1 Junie af weer hul deure kan oopmaak.

Maar waar moontlik moet mense steeds eerder van die huis af werk, sê Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging.

Patel het Donderdagmiddag saam met ander ministers, onder andere dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, die regulasies uiteengesit wat op vlak 3 van die staat van inperking sal geld.

Met dié dat groot ondernemings nou toegelaat word om weer met hul bedrywighede te begin, geld spesifieke reëls om die verspreiding van die virus in die werkplek te bekamp.

Die belangrike reëls vir groot ondernemings, is as volg:

  • Daar moet ’n duidelike plan vir die werkplek wees oor wat die prosedures en maatreëls is wat gevolg gaan word. Dié plan moet goed aan alle werknemers verduidelik word;
  • Toepaslike gesondheidsmaatreëls moet ingestel wees, en die nodige afstand van minstens 1,5 m tussen werkers moet gehandhaaf word;
  • Waar moontlik moet werkplekke wat meer as 100 werknemers het, kyk hoe minder mense op enige gegewe tyd by die werk kan wees. Dit kan gedoen word deur verskillende werkure of skofte in te stel, of indien moontlik werknemers toe te laat om steeds van die huis af te werk; en
  • Daar moet spesifiek voorsiening gemaak word by die werk vir werknemers van ouer as 60 of werknemers wat aan siektetoestande ly wat komplikasies kan veroorsaak indien hulle die virus sou opdoen.

Die volgende reëls is van toepassing op werkplekke met meer as 500 werknemers, en waar hulle nie noodwendig van die huis af kan werk nie:

  • Vervoer moet verskaf word. As dit nie moontlik is nie, moet werkure só aangepas word dat die werknemers op verskillende tye kan inval sodat daar nie te veel druk op openbare vervoer geplaas word nie;
  • Werkers moenie almal gelyk teruggaan werk toe nie, maar moet geleidelik terugkeer;
  • Alle werknemers moet elke dag deur ’n siftingsproses gaan om seker te maak dat hulle geen simptome van die virus toon nie. Dié wat wel simptome toon, moet medies ondersoek word en waar nodig, getoets word;
  • Inligting oor die siftingsproses en toetse wat gedoen word, moet aan die departement van gesondheid verskaf word; en
  • ’n Beampte moet aangestel word wat spesifiek verantwoordelik is om toe te sien dat die maatskappy se planne en regulasies toegepas en nagekom word.

Reëls soos wat voorheen vir werkplekke op vlak 4 aangekondig is, geld steeds.

Alle werkers moet gesigmaskers dra en in die werkplek moet handreiniger vir almal beskikbaar wees.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Nkosa­Zana Dlamini-Zuma  |  Covid-19  |  Werk  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.