Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Tjoekie toe vir enigeen wat lieg op CV, eis nuwe wet

’n Nuwe owerheid om vervalste kwalifikasies op applikante se CV’s hok te slaan is amper op die been, en oortreders kan vir tot vyf jaar tronkstraf opgele word.

’n Tronkstraf van tot vyf jaar word voorgestel deur ’n nuwe wysigingswetsontwerp vir enigeen wat lieg oor hul kwalifikasies. Foto: Unsplash

Die regering werk tans aan die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kwalifikasies wat ’n nuwe mandaat vir owerhede sal skep om veral hoëprofielbestuurslui en politici vir weghol-CV-bedrog streng te monitor.

Die nuwe Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid sal kragtens die nuwe wetsontwerp onakkuraathede in CV’s opspoor en aanmeld vir vervolging.

Die wysigingswetsontwerp vereis dat individuele oortreders ’n maksimum tronkstraf van vyf jaar of ’n boete of albei sal kry.

Maatskappye of ander instellings wat skuldig bevind word van oortredings kan ook gestraf word.

“Enige persoon, opvoedkundige instelling, raadslid of direkteur kan gelas word met ’n bevel om sy onderneming te sluit en onbevoeg verklaar word om ’n nuwe onderneming te registreer vir ’n tydperk van hoogstens tien jaar,” lees die wetsontwerp.

Dit is ook daarop gemik om te help met die skoonmaak van Suid-Afrika se politieke landskap, aangesien politici aan nog strenger agtergrondondersoeke onderhewig sal wees en indien oneerlikheid gevind word, streng gestraf kan word.
Kyle Condon

Daar word ook voorsiening gemaak om die name van alle oortreders openbaar te maak.

Volgens Kyle Condon, besturende direkteur van D&K Management Consultants, wys die jongste statistiek dat sowat een uit elke vyf CV’s vervalste inligting bevat of doodeenvoudig pure bog is.

“Ons is nie altyd seker waarom hierdie leuens by CV’s gevoeg word nie. In die uiterste gevalle kan dit selfs misdadigers wees wat oneerlik op hul CV’s was om toegang te verkry tot maatskappye se geklassifiseerde inligting of bates,” sê Condon.

Verlieste deur maatskappye wat onbevoegde kandidate aanstel wat soms buitensporig gelieg het op hul CV’s skiet gereeld die hoogtes in.

“Hierdie wysigings tot die wetsontwerp is presies wat ons nodig het,” sê Condon.

“Die wetsontwerp moet dien as ’n waarborg teen oneerlike kandidate wat aansoek doen vir hoëprofiel-werksgeleenthede soos uitvoerende hoofde en bestuurslui. Dit is ook daarop gemik om te help met die skoonmaak van Suid-Afrika se politieke landskap, aangesien politici aan nog strenger agtergrondondersoeke onderhewig sal wees en indien oneerlikheid gevind word, streng gestraf kan word.”

Meer oor:  Bedrog  |  Cv  |  Universiteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.