Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Toerismebedryf ’n (baie) groot werkverskaffer
'n Lugfoto van die V&A Waterfront in Kaapstad, die waardevolste eiendom in die land.

Een uit elke 22 Suid-Afrikaners wat werk het, werk in die toerismebedryf, wys data van Statistieke Suid-Afrika (SSA). Dit is sowat 4,5% van die totaal van 16,2 miljoen werkende mense in die land. Uit elke tien mense wat in toerisme werk, is vier vroue.

Luidens ’n verslag van SSA groei die getal werksgeleenthede in die bedryf ten spyte van die swak ekonomie. ’n Netto totaal van sowat 32 000 nuwe werksgeleenthede is in 2017 in die bedryf geskep.

Die getal internasionale toeriste wat die land besoek het, het van 10 miljoen in 2016 tot 10,3 miljoen in 2017 gestyg. Dié groei kan bydra tot groei in werksgeleenthede in verwante bedrywe, soos padvervoer en die bedrywe vir kos, drank en verblyf.

Mense wat in Suid-Afrika rondreis, bestee die meeste geld (27% van hul begroting) aan vervoer. Vir internasionale besoekers is dit die vierde grootste item op hul lys. Altesaam 30% van toeriste-verwante werksgeleenthede is in die vervoerbedryf.

Die meeste nuwe werksgeleenthede is ook in die vervoerbedryf: 16 676 in 2017. Verblyf en lugvervoer van passasiers is tweede en derde op die lys. Spoorvervoer, die kultuurbedryf asook kos-en- drank-bediening het egter werksgeleenthede verloor.

Meer vroue werk in dié bedrywe: kos-en-drank-bediening, verblyf, ontspanning en kleinhandel.

toerisme

Meer oor:  Werk  |  Toerisme  |  Werksgeleenthede  |  Toerismebedryf  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.