Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Tuis werk ‘dalk geen werk’

Joernaliste by ’n Amerikaanse tydskrif weier om artikels aanlyn te publiseer nadat hul baas gesê het dié wat aanhou tuis werk kan afgedank word.

Werk van die huis af raak nou omstrede.

Cathy Merrill, uitvoerende hoof van Washingtonian Media, het Donderdag in The Washington Post geskryf sy is bekommerd oor die “helaas algemene kantoorwerker wat tuis wil bly werk en net by geleentheid kantoor toe kom”.

Volgens haar bied sulke werkers die bestuur “ ’n verleidelike ekonomiese opsie waarvan werknemers nie mag hou nie”. As werknemers selde op kantoor is, “is daar vir die bestuur ’n sterk aansporing om hul status na dié van ‘kontrakteur’ te verander”.

In plaas van ’n vaste salaris kry kontrakteurs net betaling vir die werk wat hulle doen en die bestuur hoef nie vir gesondheidsorg en ander voordele te betaal nie, het Merrill geskryf.

Werksekerheid kan volgens haar die grootste voordeel van terugkeer kantoor toe wees.

Verskeie redaksielede van die Washingtonian het in ’n reeks gekoördineerde twiets geskryf hulle sou in reaksie op haar twiet ophou om artikels te publiseer.

“As lede van die Washingtonian-redaksie wil ons hê ons uitvoerende hoof moet die risiko daarvan verstaan om ons arbeid nie te waardeer nie. Ons is ontsteld oor Cathy Merrill se openbare dreigement oor ons lewensonderhoud,” lui die twiets. – Bloomberg

Meer oor:  Werk Van Huis Af  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Afstandswerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.