Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Uitgebrand oor tuiswerk: MTN deel verlof uit

Een nadeel daarvan om by die huis te werk, is dat die grens tussen jou huislike en werklewe moeiliker gehandhaaf kan word.

Uit erkenning hiervoor en om werknemers vir hul lang werkure te bedank, het MTN aangekondig dat hy al sy werknemers en kontrakteurs nog vyf betaalde verlofdae, benewens hul gewone jaarlikse verlof, gee.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Tuiswerk beteken altyd werk vir sommige mense. Foto: Gallo Images

In ’n verklaring noem die maatskappy dat die besluit geneem is in die lig van die Covid-19-pandemie om te verseker dat sy werknemers die kans kry om regtig af te skakel.

“Ons neem die werknemers se welstand in ag en bied alle werknemers die geleentheid om vir ’n betaalde ‘aflyn vakansie’ van een week, benewens hul jaarlikse verlof, aansoek te doen.”

MTN sê die pandemie het die tradisionele werkplek verander. Baie werknemers het nie meer die luukse om “uit te klok” by die werk nie en kan ook nie “uitklok’ van hul persoonlike lewe deur werk toe te gaan nie.

Tebogo Maenetja, hoof van die afdeling menslike hulpbronne, sê daarbenewens vererger Covid-19 self die druk en baie werknemers het tekens van spanning, uitputting en selfs uitbranding getoon.

“Ons het gevind dat werknemers gereeld langer dae werk as wat as gesond beskou word. Die gebrek aan pendeltyd beteken ons mense gaan sit 07:00 by hul lessenaar en staan eers 19:00 op; ons moes dié gedrag aktief ontmoedig, aangesien mense ná 16 maande pootuit is.”

MTN noem dié ekstra week verlof “Spring Break”. Dit moet tussen 1 Augustus en 31 Oktober geneem word. In dié tyd mag werknemers geen werkverwante e-posse of oproepe beantwoord of vergaderings bywoon nie.

Maenetja sê dit is hul manier om hul werknemers te bedank daarvoor dat hulle MTN gehelp het om die “nuwe normaal” te laat werk.

“Ons glo ’n gesonde arbeidsmag sal tot meer doeltreffendheid en produktiwiteit, en uiteindelik ’n beter ervaring deur kliënte lei.”

MTN het ook een keer per maand ’n dag waarop geen vergadering gehou mag word nie.

“Wêreldwyd en oor alle bedrywe en organisasies heen moes ons weer dink oor hoe werk lyk. Dit hang van elkeen van ons af – van senior bestuurders tot individuele bydraers – om betekenisvolle oplossings te skep om die dae, maande en selfs jare wat voorlê tegemoet te gaan.”

Meer oor:  Mtn  |  Werk Van Huis Af  |  Beroepe  |  Selfoonmaatskappye  |  Loopbane  |  Verlof  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.