Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

Die gemiddelde bruto salaris van Suid-Afrikaners in die formele sektor was in Februarie R19 858.

Dit sluit bonus en oortydbetaling in.

Dié vergoeding is slegs vir maatskappye in die formele sektor, dus dié wat vir belasting op toegevoegde waarde geregistreer is.

Die gemiddelde vergoeding is 5% méér as ’n jaar gelede, toe die gemiddelde salaris R18 913 was.

Dit was wel 1% laer as die gemiddelde salaris van R20 060 in November 2017, maar heelwat oortyd- en bonusbetalings word in November gedoen, wat die syfer kan skeeftrek.

In Maart 2018 het Suid-Afrikaanse maatskappye R633,272 miljard aan salarisse bestee, 3,9% as in Desember (bonusmaand), maar 1,1% meer as ’n jaar gelede.

Die feit dat totale salarisse wat maatskappye betaal, met net 1,1% gestyg het, maar gemiddelde salarisse met 5%, beteken dat maatskappye besig is om groter verhogings toe te ken aan mense op laer salariskerwe.

Dit kan mettertyd ’n duik maak in die land se hoë ongelykheidsyfer.

Die syfers kom uit Statistieke Suid-Afrika se indiensnemingspeiling vir die eerste kwartaal van 2018.

Meer oor:  Salarisse  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Beroepe  |  Qes1801  |  Indiensneming  |  Loopbane  |  Qes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1067,41 (3106)
  • Top 40 50659,45 (-32770)
  • All Share 56882,74 (-28151)
  • Resource 10 44620,89 (88898)
  • Financial and Industrial 30 75197,76 (-120859)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.